Hier kom ek nou terug uit die gym uit, vrot van die skindernuus wat ek vir almal wil kom vertel, en dan kry ek dit…
Al die negatiewe kommentaar…
Ai, ons ou volkie het regtig die kuns verleer om te lag. Selfs net te giggel. So baie Afrikaans-sprekendes is so daarop uit om toe te sien dat die son net oor hulself skyn, dat hulle niemand anders ‘n enkele sonstraaltjie gun nie. Vat nou ‘n platkop soos Platkuif. As hy bietjie verder gekyk het as wat sy neus lank is, sou hy die volgende raakgesien het:

Maar nee! Skiet liewers die “siek fok”, nê Boegie! Platkuif, sal jou kuif wapper as jou brein ontplof? Ek wonder…
Nou ja vriende, daarmee groet ek dan die blogosfeer. Bakkies reken ouens soos daai verdien dit dat ouens soos ons ons rugby, ons lewens en ons blogs inpak en oorsee verhuis – hy sal weet, hy’s ‘n plumber. Hy reken ons kan by die Yanks gaan leer – hulle het ‘n Fake Steve, en hulle noem die die skrywer ‘n siek fok nie. Nie as hulle net hulle oë moet oopmaak om te sien dat dit fake is nie.
Anyway… Kom ons keer maar terug na ons vaal bestaantjies, lees maar die blogs wat beskikbaar is (en daar is ‘n klomp blêddie goeie Afrikaanse blogs!), hoop daar kom nooit vernuwing en verandering nie, en bid dat die son tog asseblief nooit meer oor iemand anders as oor ons self skyn nie.
En kom ons hou op lag…
OF
Kom ons stuur ouens soos Pluitkuif en Boegie moer toe, en ons blog dat die biesies bewe! Ek en Bakkies en BobTong het reeds ‘n laaaaang lysie skades en skandes wat ons met die rugbypubliek wil bespreek. Bakkies sê hy ken ‘n ou wat ‘n ou ken wat weet hoe mens ‘n meningsopname op ‘n blog doen, maar die ou werk vir die staatsdiens, so hy rus nou. Ons sal hom eers vanaand in die hande kry om ons te kan help.
As iemand intussen weet hoe ons een van daai gadgets op die blog kan sit waar almal kan stem, laat weet ons. Dan besluit julle self. Bakkies sê ons moet ons lot in ons ondersteuners se hande laat. Ek trust hom, hy’s ‘n plumber, jy weet.
Groete
Victor


Augustus 20, 2007 at 11:34 vm
En so praat ons almal maar ons stront so orals rond?
Augustus 20, 2007 at 11:35 vm
Ek lê soos ek lag.
Viva die parodie.
Augustus 20, 2007 at 11:38 vm
At least het die man / vrou ‘n sin vir humor!
oopkop, maybe gee hy almal van ons rugbykaartjies? LOL!
Breyten dink ook dis hilarious! HEHE!
Augustus 20, 2007 at 11:45 vm
Ek is mal hieroor … maggies kom ons kry ook humor in onse lewe.
Oopkop ek stem ook : VIVA DIE PARODIE!!
Augustus 20, 2007 at 11:45 vm
Ek’s bang die vereistes is dat jy ‘n Blou Bul ondersteuner moet wees. Ek sien vanoggend weer ‘n bakkie met van daai Bloubulknaters wat agter hang. Ai.
Augustus 20, 2007 at 11:45 vm
Het my lekker vir ‘n April fool gevang!! Regtig gedink ek lees van my Springbok helde. Jy is snaaks, maar wragtig ‘n groot SIEK VOK!!!
Augustus 20, 2007 at 11:50 vm
Hey!!! Ek’s ‘n BLOU BUL! Of issit nou ‘n KOEI???
Augustus 20, 2007 at 11:51 vm
Ja dit is funny…hahaha.En oorspronklik.Maar feit is, maak seker dat jy eers die ou wie se naam jy gebruik as platform vir jou effort, se toestemming het.Daar het al beter pogings as die, party ouens GROOT geld gekos.
Ps.
Hy het nog nooit ‘n fight onder die invloed verloor nie…
nie nodig om lelik te raak oor my kuif nie…hare is vir my ‘n sensitiewe saak
Ps.ps
ek het jou ’storie -vertel’ skryfstyl geniet…ek is doodseker dat daar defnitief ‘n klomp van ons is wat daagliks sal kom inloer (yip,Platkuif inkluis) en met groot ogens en verwagting die Victor en Bakkies sage sal volg…dit het meriete en potentiaal…enige iets is beter as ‘n k*k effort soos ‘oor die kole’ met Toks en Kobus…
Ps.ps.ps
Danie sal ‘n klap of twee in jou rigting stuur as jy hom Tinkerbell noem.Be warned
Augustus 20, 2007 at 11:52 vm
Wat ons eintlik almal wil weet is die naakte waarheid oor Kamp Staaldraad Victor. Beraadslag maar eers met Bakkies en BobTong oor of jy maar mag vertel, maar ons vrek van nuuskierigheid.
Augustus 20, 2007 at 11:53 vm
Ekke vrek ook oopkop……
Ekke wag in spanning………
Augustus 20, 2007 at 11:54 vm
Oor jou Blou Koei comment Platty: Moenie worry nie, ons almal het foute
Augustus 20, 2007 at 11:56 vm
oopkop…. hierdie koei is ROF!!!! pasop! Ekke het ‘n stel spene wat van MY towbar afhang…..
I r a proud cow!
Beware!!!
Augustus 20, 2007 at 12:03 nm
Hi
Jy kan ‘n gratis meningsopname widget vir jou blog kry by “Pollhost.com”, ek dink daar is ook ‘n site soos “PollDaddy”. Registreer en siedaar, copy en paste die html-code wat hulle jou gaan gee in ‘n text-widget in, sit dit op jou sidebar en dis dit.
Anyways, blog voort dat die biesies bewe! Uhmmm…. onthou net om volgende keer ‘n opskriffie by te sit…
Augustus 20, 2007 at 12:10 nm
Wyl julle manne dan bereid is om so bietjie te deel wat in die binnekamers van ‘ruggas’ aangaan so bietjie wil skinder oor ons nasionale geloof…
Is die volgende waar of wolhaar,is dit net stories en gerugte of dan eintlik maar net absolute strooi…
…dat daar ‘n man van homoseksuele orientasie in die huidige bokgroep is…amper soos lesbianisme,maar net vir mans…
…dat opkikkertoets die een heilige vrees is wat sommige van die sterker en meer gespierdste bokkies snags in koue nagsweet laat wakker word…
…dat ‘what happens on tour, stay on tour’…nie altyd gebeur nie en dit inderdaad aanlyding gegee het tot ‘n egskeiding of twee by van ons grootste en bekendste legendes..
…dat die Proteas inderdaad sleg tweede sal kom in enige drinking match,voor en na die groot games…
en dan natuurlik,dat die Beker groep onderling heel senuweeagtig is omdat daar nie rerig ‘n world class losskakel gekies is nie…en die twee wat daar is,is blykbaar steeds vol pyne en skete..
Vertel ons meer en besweer ons vrese asseblief…ons is bang en senuweeagtig…die World Cup is naby!
Augustus 20, 2007 at 12:12 nm
Platkuif…. is dit rerig nodig? Ons praat stront hier.. en jy kom met sulke dinge?
Eish & Eeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeek!!!!
Jy’s seker ‘n Stormer!
Augustus 20, 2007 at 12:14 nm
Stormers drink Bloukoeimelk Platterfuss. Jy beter pasop!
Augustus 20, 2007 at 12:17 nm
Nou is nie meer kwaad nie en vra om verskoning vir my taal. Dis net dat hierdie jaar ‘n baie sensitiewe jaar vir die Springbok is. Die politiek wil die Springbok mos met ‘n protea vervang ens. Dis moontlik die heel laaste keer dat die Springbokke ooit in mense geskiedenis die wereldbeker kan wen.
As jy my as ‘n gereelde blogger wil he, plaas dan asb hierdie foto:
http://stevehofmeyr.co.za/blog/wp-content/uploads/2007/05/Sharks-babe-copy.jpg
Augustus 20, 2007 at 12:18 nm
g’n f@kken wonner hulle kan nie rugby speel nie…. LOL!!!! MELK werk nie… RUM doen die ding! Ons PP rum…..
Augustus 20, 2007 at 12:52 nm
So dis hoekom julle die tipe spel LEWER wat julle doen
Augustus 20, 2007 at 12:54 nm
gelukkig is daar OORPLANTINGS ook!
Minister van Gesondheid kan organise!!!!!
Augustus 20, 2007 at 1:00 nm
Sy glo mos hoeka ‘n dop of twee verrig wondere vir lewerkwale. Ek bewonder haar, sy’s ‘n uitstekende dokter. Sy kan VIGS met wortels, knoffel en beet dokter en lewerkwale met ‘n hanepootjie.
Augustus 20, 2007 at 1:02 nm
ROFL!!! Ek ‘laaik’ haar ways!! Volg al haar raad!!! Ek ‘laaik’ knoffel, so frok die kondome, no more aids….. en never as te never gaan MY lewer siek word nie… altyd nuwe ene as die hanepootlewersindroom te erg raak!!!!
Vivaaaaa Antie Health Minister! Vivaaaaaaaaaaaaaa!!!
Augustus 20, 2007 at 1:05 nm
‘n Mens leer oneindig baie by ons kabinetslede. Ons is werklik bevoorreg. Ek dink haar idee met die knoffel was dat jy so sal stink en dat dit dan as ‘n vorm van kontrasepsie sou dien. Wel, as dit nie werk nie kan ons altyd ou Jakes Zoemhaar se voorbeeld volg en vinnig ‘n shower vang, dit help glo ook.
Augustus 20, 2007 at 1:05 nm
Ek pes hoeka ‘the smell of burning rubber’! Maybe sal die knoffelreuk genoeg wees om die spermselle in teenoorgestelde rigting te laat swem?
You agree oopkop?
Augustus 20, 2007 at 1:09 nm
Jakes se way laat my wonder…. moet die vrou nou onderstebo wees? Of issit net ‘n man-cure?
Victor, lunch jy nou?
Augustus 20, 2007 at 1:12 nm
Ek weet nie van Jakes se way nie platterfuss. Dit maak nie saak hoe om die vrou is nie, solank jy shower na die tyd. Ek kan nie onthou of mens life-buoy seep moet gebruik vir beste resultate of nie.
Augustus 20, 2007 at 1:16 nm
SKIP Intelligent doen die ding oopkop…. SPARKLING WHITE! En gee nog breins ook!!!
Augustus 20, 2007 at 1:16 nm
my bloed is blou Platterfuss…al van jare terug…destyds die eerste keer met die Bulle te doen gehad toe my pa my een aand na die ou loftus B veld geneem het om te sien hoe die manne oefen…toe ek vir oom Buurman die eerste keer ontmoet het en Naas,en Thys Lourens en Louis Moolman en Pierre Edwards en Tommy du Plessis…nee wat, Blou sal ek bly tot ek eendag omval…
Augustus 20, 2007 at 1:19 nm
Dan moet jy my ken Platkuif! My nefie was spandokter daai tyd… Uli, Naas, Johan en daai klomp my beste pals…
Hehe!!! Dankie tog jy’s blou…. so.. moet dan nou nie so ernstig wees nie!!!
Augustus 20, 2007 at 1:23 nm
Ek is mal oor die Sharks al van Cabous van der Westhuizen se dae af. Ai, daai man was vir my tog te pragtig.
Ek dink nie hy’s op lunch nie Platterfuss, die bulle in die span moet mos maar bietjie harder as die ander oefen
Augustus 20, 2007 at 1:26 nm
rofl @ oopkop! Jou b!thc!!! hehe!!!!
Nee donner, as DIE victor ‘n bul is… is ek nou seriously ‘n stormer.. of ‘n leeu of….. ‘n Koei???
Augustus 20, 2007 at 1:27 nm
Nee, ek is nie op lunch nie… Ek probeer die gadget hier langsaan inkry waar mense kan stem…
Net vir die rekord: daar IS ‘n moffie tussen ons. Wil julle weet wie?
Augustus 20, 2007 at 1:30 nm
Ons weet dis nie jy nie Victor, want jy’s mos met Monja getroud en Jaime is te cute vir woorde (ek lees so nou en dan die huisgenoot voor ek vuur daarmee maak). Maar baie getroude mans is mos ook moffies. Ons moet maar raai wie dit is.
O ja, Platste – ‘n koei.
Augustus 20, 2007 at 1:32 nm
Leidraad (of is dit nou lui draad…?): Dis ‘n blêddie Nataller…
Augustus 20, 2007 at 1:33 nm
Victor, do you do nekkid?
Augustus 20, 2007 at 1:35 nm
lol @ victormatfield.
Toe V… ekke wag?!?
Augustus 20, 2007 at 1:35 nm
Wel, as dit die Nataller is waarna jy nog die heeltyd verwys dan dink ek nie ek sal dit ooit van onse Johannes Smit kan glo nie, maar mens weet mos nooit nie. My Gay(ra)dar werk nie altyd so lekker nie.
Augustus 20, 2007 at 1:36 nm
vir wat moet ons stem V?
Augustus 20, 2007 at 1:37 nm
lol @ Gay(ra)dar…. Hey! Ekke het ‘n goeie … radar!!!! Is ‘n FUS… werk altyd 100%!
Augustus 20, 2007 at 1:39 nm
Ek wonder of daar baie mense is wat verbaas sal wees as ou Percy uit die kas uitkom?
Augustus 20, 2007 at 1:42 nm
Nee man! Percy laaik net mooi hairstyles! HEHE!!!
Augustus 20, 2007 at 1:44 nm
So ons moet eers begin worry as hy in halftyd die cheerleaders se outfits dra om moraal te boost?
Augustus 20, 2007 at 1:49 nm
of as hy sy g-string in ‘n knot kry… of as die PMS begin wys na hy eerste skop gemis het …..
Augustus 20, 2007 at 1:56 nm
Dalk is hy die Nataller wat Victor van gepraat het. Is hy ooit ‘n Nataller, ek raak bietjie confused.
Augustus 20, 2007 at 2:03 nm
oopkop, ekke self is nogal seriously geconfokulate right now!!
Augustus 20, 2007 at 2:04 nm
Hmmm… Ineressante blog…
Boerinballingskap, lyk hierdie nie ongelooflik baie na http://www.gestorwesoldaat.iblog.co.za se skryfstyl nie?
Ek wonder maar net hardop! Maar ek sal weer hier kom inloer – kan lekkerrrrr raak!
Augustus 20, 2007 at 2:24 nm
(sug)
Augustus 20, 2007 at 2:30 nm
Lyk my nie dit vat veel om ons te confokulate nie Platste. Dit laat my nou wonder of ons die naakte waarheid oor Kamp Staal(wol)Draad sal kan handle?
Augustus 20, 2007 at 3:01 nm
Vic, jy het ‘n paar wild horses hier opgesaal vandag lyk dit my!!! Die blogosfeer is nie een dag dieselfde nie – hier het ons sommer 8 seisoene in een dag! So sterkte! To blog or not to blog het nie ‘n antwoord nie!
Augustus 20, 2007 at 3:50 nm
vic, ou gabba…jy gaan nog so gagga met my wees…dan spring ek regoor die kuber ruim en kom gee jou so lekker,vet….en nat oopmond soen!!!
Augustus 20, 2007 at 8:27 nm
Platste…. Anja’tjie…. was julle SERIOUSLY verveeld vandag? Het daar ALWEER niks op #SSSB aangegaan nie? Sal met Steve en Harvey moet chat oor die sakie!!
Augustus 21, 2007 at 5:50 vm
Skuldig aan altwee aantygings. Ons was verveeld, en daar gaan nie meer veel aan vandat jy nie meer saam wil chat nie.
Augustus 21, 2007 at 9:08 vm
Sjoe, dit was nou ‘n sessie en ‘n half! Vir wat dit werd is, gaan voort, ek geniet elke oomblik en my bloed is ook BLOU!
Augustus 21, 2007 at 3:49 nm
goeie ongoddelike seks met ‘n staalpyp…moet daai recent comments kolom regtig so lank wees?
Augustus 24, 2007 at 9:48 vm
Ek het in my hele lewe nog nie grootmens bloggers gehoor wat soveel kak kan praat nie, maar moenie ophou nie, dit raak nou eers lekker!
R
Maart 20, 2009 at 8:47 nm
Hello Matfield
Ek dink jy is befok en jy speel n voken goeie game.
VOK WAT DIE MENSE SE JY SPEEL N BEFOKTE GAME EN JY BRING JOU KANT BLOU BULLLLE BOOO!!!!!!!