Soos daai Arno-outjie sê… The time is now!

September 5, 2007

Parrrrhee. Dit is Frans vir Parys. Die Engelse sê sommer Pêrris. Soos daai klein Hilton-slet. Net groter en leliker. Maar die mense hier bestuur net so sleg, en drink selfs meer. Dis waar ons onsself bevind. In romantiese Parrrhee. Maar ons is nie hier vir vry nie, ons is hier vir rugby. World Cup nogal!

Ja! Na ‘n lekker bedrywige week by die huis, is dit uiteindelik tyd vir die Ware Jacob. Dit waarvoor elke rugbyspeler lewe. Die Wêreldbeker! Man, maar ons is opgewonde. KleinGys en KleinSwys giggel onophoudelik. Ek probeer uitmaak of dit van opgewondenheid vir rugby is, of omdat nie een van die girls wat ons raakloop geld het vir ‘n bra nie. Sjym. En met die koue hier is dit nogal ‘n gesig…

Voordat ek enigsins verder gaan: GROOT NUUS!

 

 

KOMPETISIE-TYD!!!

 

Ons rugbyraai-kompetisie is amptelik aan die gang! Tot dusver het ons R6000-00 in kontant, twee televisiestelle en ‘n getekende Bloubul-rugbytrui om weg te gee! Ennnn…. die kans is baie goed dat die pryse nog meer sal raak binne die volgende paar dae!

Baie dankie vir Wimpie en Platkop vir hulle bydraes – julle ouens is GREAT! Wimpie (van Oos-Rand Stereo) het ‘n verdere gratis advertensiepakket ter waarde van duisende rande aangebied vir enige borg wat bereid is om vir ons ‘n paar groot pryse te borg. Dus, as jy vir ‘n company werk wat mal is oor rugby, nog ‘n paar RRR’e los het in die sponsorship budget, en op die koop toe gratis lugtyd wil verdien, kontak vir my of Wimpie! Vandag nog!

Vir starters gaan daar R500-00 wees vir die persoon wat die Springbokke se telling in elkeen van hul vier groepswedstryde reg voorspel. R500-00!!! Per wedstryd!!! Dink net hoeveel bier jy daarmee kan koop en op-stock vir die finaal! R500-00!!! Bakkies sê dis meer as wat ‘n goeie plumber in ‘n half-uur verdien. En in ‘n half-uur kan uitdrink. Maar net-net. Hy sal weet…

Al wat jy hoef te doen, is om jou voorspelling as ‘n comment te los, met ‘n geldige e-mail adres daarby, en siedaar! Jy is ingeskryf! Geen inskrywings per e-mail sal aanvaar word nie, want die proses moet so fair en deursigtig as moontlik wees. Die blogkomitee, Wimpie en Platkop (as dit orraait is met jou…) sal optree as die judges, en ons woord is wet. Geen korrespondensie en blah blah blah nie.

O ja: jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. En die kompetisie is van hierdie oomblik af oop en aan die gang! Vertel jou maatjies, vertel jou meisie, vertel jou skelm! Sit ‘n link op jou blog. Vertel die wêreld! Wanneer die uitspeelwedstryde begin, sal die pryse groter en lekkerder raak – ons werk hard daaraan! Nou toe, wat wag jy nog? Wat gaan die uitslag teen Samoa wees?!

PS: Elke wedstryd se kompetisie sluit 5 minute voor die afskop. Suid-Afrikaanse tyd. My TAG werk nie hier in Frankryk nie. En elke keer wat ek huistoe bel, is dit asof ek in die toekoms in praat. Scary…