Soos daai Arno-outjie sê… The time is now!

Parrrrhee. Dit is Frans vir Parys. Die Engelse sê sommer Pêrris. Soos daai klein Hilton-slet. Net groter en leliker. Maar die mense hier bestuur net so sleg, en drink selfs meer. Dis waar ons onsself bevind. In romantiese Parrrhee. Maar ons is nie hier vir vry nie, ons is hier vir rugby. World Cup nogal!

Ja! Na ‘n lekker bedrywige week by die huis, is dit uiteindelik tyd vir die Ware Jacob. Dit waarvoor elke rugbyspeler lewe. Die Wêreldbeker! Man, maar ons is opgewonde. KleinGys en KleinSwys giggel onophoudelik. Ek probeer uitmaak of dit van opgewondenheid vir rugby is, of omdat nie een van die girls wat ons raakloop geld het vir ‘n bra nie. Sjym. En met die koue hier is dit nogal ‘n gesig…

Voordat ek enigsins verder gaan: GROOT NUUS!

 

 

KOMPETISIE-TYD!!!

 

Ons rugbyraai-kompetisie is amptelik aan die gang! Tot dusver het ons R6000-00 in kontant, twee televisiestelle en ‘n getekende Bloubul-rugbytrui om weg te gee! Ennnn…. die kans is baie goed dat die pryse nog meer sal raak binne die volgende paar dae!

Baie dankie vir Wimpie en Platkop vir hulle bydraes – julle ouens is GREAT! Wimpie (van Oos-Rand Stereo) het ‘n verdere gratis advertensiepakket ter waarde van duisende rande aangebied vir enige borg wat bereid is om vir ons ‘n paar groot pryse te borg. Dus, as jy vir ‘n company werk wat mal is oor rugby, nog ‘n paar RRR’e los het in die sponsorship budget, en op die koop toe gratis lugtyd wil verdien, kontak vir my of Wimpie! Vandag nog!

Vir starters gaan daar R500-00 wees vir die persoon wat die Springbokke se telling in elkeen van hul vier groepswedstryde reg voorspel. R500-00!!! Per wedstryd!!! Dink net hoeveel bier jy daarmee kan koop en op-stock vir die finaal! R500-00!!! Bakkies sê dis meer as wat ‘n goeie plumber in ‘n half-uur verdien. En in ‘n half-uur kan uitdrink. Maar net-net. Hy sal weet…

Al wat jy hoef te doen, is om jou voorspelling as ‘n comment te los, met ‘n geldige e-mail adres daarby, en siedaar! Jy is ingeskryf! Geen inskrywings per e-mail sal aanvaar word nie, want die proses moet so fair en deursigtig as moontlik wees. Die blogkomitee, Wimpie en Platkop (as dit orraait is met jou…) sal optree as die judges, en ons woord is wet. Geen korrespondensie en blah blah blah nie.

O ja: jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. En die kompetisie is van hierdie oomblik af oop en aan die gang! Vertel jou maatjies, vertel jou meisie, vertel jou skelm! Sit ‘n link op jou blog. Vertel die wêreld! Wanneer die uitspeelwedstryde begin, sal die pryse groter en lekkerder raak – ons werk hard daaraan! Nou toe, wat wag jy nog? Wat gaan die uitslag teen Samoa wees?!

PS: Elke wedstryd se kompetisie sluit 5 minute voor die afskop. Suid-Afrikaanse tyd. My TAG werk nie hier in Frankryk nie. En elke keer wat ek huistoe bel, is dit asof ek in die toekoms in praat. Scary…

 

 

38 Responses to “Soos daai Arno-outjie sê… The time is now!”

  1. victormatfield Says:

    SA: 57 – SAMOA: 13

  2. Boegie Says:

    SA 32 – Samoa 12

  3. Hein Says:

    Bokke 59 – Samoa 12

  4. karoles Says:

    SA: 35 – Samoa 14

  5. Jo-Ann Schou Says:

    SA 38 – Samoa 22

  6. Annari Says:

    Bokke 46 – Samoa 15

  7. Die Gestorwe Soldaat Says:

    SA 43 – Samoa 17

  8. Dowwe Dolla Says:

    Bokke 32- Samoa 12

  9. Tina Says:

    SA 62- 15

  10. Tina Says:

    SA 62- Samoa15

  11. kaalvoetkind Says:

    SA 43 – Samoa 24

  12. Eben Says:

    Die vraag is net, hoeveel keer kan onse vote??

    SA 32 – Samoa 18

  13. victormatfield Says:

    Honderde kere! Solank jou telling net uniek is (m.a.w. dit moet nie reeds deur iemand anders as ‘n wentelling gespeel gewees het nie).

    PS: Eben, ek’t jou e-mail gekry… WOW! Is dit for real?!

  14. Eben Says:

    ‘Vic’ … yes dis real!! Kyk ons gaan groot of dood!!

    Wimpie sal dit drywe van sy kant af, en glo hy het reeds die dinge aan die rol. Ek dink dis ‘n moeviese deal!!

    Lekker dag

  15. Shellie Says:

    SA 40 – SAMOA 32

  16. Boegie Says:

    SA 28 – Samoa 18

  17. Platkuif Says:

    More manne en al die mooi tannies…

    Bly om te sien ons beweeg bietjie met die kompetisie…dankie vir die moeite Vic en Wimpie…Ek stem saam met Eben, kom ons gaan groot of dood…’n 50% effort gaan nie die ding doen nie…

    SA vs Samoa (38 -12), maar ons judges neem net vir die ‘fun’ deel.

    Ekself is gelukkig genoeg om ‘n paar games in Fra te gaan kyk en sal so nou en dan my opinie en ‘insights’ gee wyl ek daar is.

    lekker dag choppertjies
    p

  18. Hein Says:

    Bokke 52 – Samoa 18

  19. Tina Says:

    SA 54 – SAMOA 18

  20. Germe Says:

    Bokke 49 – Samoa 17

  21. Thornyrose Says:

    sa 32 samoa 22

  22. jeven Says:

    Bokke 46 – Samoa 24

  23. kokkewiet Says:

    SA 30 – Samoa 12

  24. marco Says:

    SA 36 – Samoa 13

  25. Skaap Says:

    Bokke 52 – Samoa 15

  26. Eduard Says:

    SA 41 Samoa 10

  27. Marius Says:

    bokke 33 – samoa 17

  28. Marius Says:

    Bokke 17 – samoa 18. As die blerrie Nataller cêppie is. Anders maak Vic in beheer Bokke 88 – Samoa 3

  29. Wanda Says:

    Bokke 42 – 10 Samoa

  30. Helen Says:

    SA 45 – Samoa 18

  31. Ria van Staden Says:

    Springbokke – 9 September 2007 vs Samoa

    Springbokke – 54
    Samoa – 9

  32. Ria Says:

    Bokke – 56
    Samoa – 11

  33. Yako Says:

    Bokke – 35
    Samoa – 12

  34. Yako Says:

    Bokke – 40
    Samoa – 16

  35. boerinballingskap Says:

    SA – 46
    Samoa – 19

  36. Greenleader Says:

    As die Bokke nie so nervous gaan wees soos die Franse vanaand nie
    Bokke 39 – 9 Samoa

  37. Marius Says:

    Bokke 33 – Manu Samoa 17

  38. Johan Swarts Says:

    Bokke -23 – Samao PI^2

Leave a Reply