Kyk, een ding is nou maar wors: daar is ‘n helse klomp fakes daar buite!
/\/””””””””””\/\ Jo-Ann stuur toe mos vir my ‘n e-mail met ‘n rubriek wat die mense claim Bakkies geskryf het. Ek het myself sommer onmiddellik vervies. Vir Bakkies.
“Gabba, ek dag ons het ‘n deal dat al ons comments oor die Wêreldbeker op ONS blog geplaas sal word. Hoekom het jy nou weer soos ‘n oorlamse kaller uitgebreek en oor die draad gespring?” Bakkies het een van daai uitdrukkings gekry wat hy altyd kry as hy op die privaat sit en klein All Blackies paseer. Jy weet, so stroewe, veraf blik… Soos ‘n hond wat skyt, maar moeite ondervind…
“Sorry, tjomma, kom weer,” antwoord hy, “ek is nie nou lekker op dieselfde golflengte nie.” Ek het die artikel onder sy neus gedruk (en dit in die proses vol broodkrummels, Marmite en kaas gemors) en gewag vir ‘n verduideliking. Bakkies het vrot van die irritasie daarna gekyk, sy neus met ‘n snork opgetrek, en die mooiste Bakkies-glimlag gegee wat ek nog ooit gesien het. “Tjomma, jy kan mos sien dis ‘n fake die! Waar in jou lewe het jy my al ooit sulke hogere Ingels hoor praat, wat nog van skryf! Ha! En Frans ook nog!” Hy het sy kop laggend geskud, en nog ‘n hotdog-erige ding in sy mond ingedruk.
Ek het vinnig weer daarna geloer, en besef dis nie ‘n plumber se werk dié nie… Nie eens ‘n Springbok-plumber nie! Dis ‘n imposter! ‘n Fake!! Daarom wil ek vandag ‘n dringende waarskuwing aan julle almal rig. Wees op die uitkyk, en wees paraat: iemand is besig om vir Bakkies te na-aap. Volgende kan dalk ek wees. Ek dink darem nie iemand sal vir ou splinterboude-ek’s-nou-weer-kamstig-fiks-en-reg blêddie Nataller na-aap nie, so julle kan alles glo wat in sy naam gepubliseer word. Maar moenie soos Bakkies maak, en al die soetkoek opeet nie. O ja, ek plaas die gewraakte artikel hieronder, dan kan jy dit ook lees.
* * * * * * * * *
Een ding wat nie fake is nie, is ons RUGBYRAAI! Ons het great nuus vir julle! Daar wag ‘n moewiese prys! Ons behoort vanaand die detail af te handel, so kom loer more in om te sien wat jy kan wen in ons rugbyraai. Intussen moet jy laat waai met jou voorspellings. Onthou – jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil, maar jy moet net sorg dat jy elke keer ‘n unieke telling voorspel. Go for gold!
Kliek net HIER en pos dan telling-voorspelling (hi oe… dit rym…) en ‘n geldige e-mail, en jy is ingeskryf. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil! Verseker net jou telling is uniek…
Bygedra deur victormatfield 
