Rugbyraai: SA v ENGELAND
September 10, 20073 Things I know about rugby…
September 10, 2007Daar is sekere dinge wat jy net nie doen op die rugbyveld nie…
Kyk, ek is nou al wat mens sal noem ‘n “ou hand” op die rugbyveld. “I’ve been around the block”, soos die bleekbene sê, en daar is drie dinge wat jy nie op die rugbyveld doen nie. Nommer een: jy soek nie skoor met Bakkies Botha nie. Dan is jou bollie geboek. Nommer twee: jy lag nie vir die All Blacks se haka nie, en jy draai nie jou rug daarop nie. Dit is amper erger as om vir Bakkies om te krap. Bakkies sê self hy’s soos ‘n verstopte drein: doodstil, totdat iemand die blokkasie verwyder, dan’s daar pêrre! Nommer drie: Jy draf nie op die veld en “point” jou opponent nie. Nooit nie. NOOIT! Dan soek jy nie bollie nie, jy tender vir kak. En jy gaan dit kry. So seker soos wat die ref ‘n fout gaan maak!

Ou Brian Lima het nou al in vyf Wêreldbeker-toernooie gespeel, so hy behoort te weet. Wat die arme ding besiel het om vir Petoors te “point” gaan my rugbyverstand te bowe. En daarvan het ek baie. Maar dit is seker maar omdat die ou weet hy is nie meer die verskrikking wat hy was toe hy destyds vir klein Hougaard des moers ge-tackle het nie. ‘n Mens moet onthou om jou reputasie in jou toksak te los voor jy opdraf – as jy dit op die veld bring gaan iemand jou liberty en daardie reputasie begrawe!
Ons vriend Lima het toe gisteraand weer droombeelde gesien van die Hougaard-episode, en vir Petoors probeer “lima”. Wat ‘n trein-smash! Die een oomblik sien ek die ou trek skouerhoogte deur die lug, oppad om Springbok te tref soos ‘n goedgemikte kanonskoot. Die volgende oomblik toe moet die Samoane vir hom verduidelik hy’s in Frankryk, en nee, daar’s net vyf vingers aan die hand wat hy sien, nie vyftien nie!
Laat dit nou maar vir jou ‘n les wees, Brian! Têkkel nou maar ‘n paar Rose poertesnêrdus, maar moet in hemelsnaam nie iemand point nie! Next time is die skade dalk permanent!
DIE NAWEEK SE WEDSTRYDE
Net so vinnig my indrukke van die wedstryde wat nou reeds plaasgevind het: Frankryk sal hulle sokkies moet optrek, anders maak hulle dalk nie die kwarteindstryde nie. Argentinië lyk goed, maar sal nie ‘n bedreiging wees vir die SANZAR lande nie. Kanada, die VSA en Namibië skitter soos sterre! Ai – ek sou nog ‘n opskudding soooo geniet het!
Engeland moet seker maak hulle kry genoeg “photo ops” met die trofee voor die eindstryd, want hulle gaan daai koppie nie gou weer sien nie! Die All Blacks en Wallabies het goed gelyk, maar glad nie onoorwinlik nie. En ons… Ons was goed genoeg. ‘n Hele paar foute daar op regtervleuel (nê JP…), maar ons sal werk maak daarvan. Tog jammer van ou Jean wat oppad is huistoe, maar gelukkig join ‘n Bloubul ons, so dit is nie heeltemal ‘n tragedie nie (inteendeel…!). Eerder Wayne as een of ander Nataller of Vrystater…
RUGBYRAAI-KOMPETISIE
Ek het so vinnig deur die scores gegaan (en gesien ekself het damn naby aan die wentelling gekom…), en op hierdie stadium van die wedstryd lyk dit vir my HEIN is die gelukkige wenner van die R500-00 kontant. Nee maar geluk, man! Die uitslae sal bevestig word deur die blogkomitee, Platkop en Wimpie, en dan sal ons in verbinding tree met jou. Nogmaals geluk!
Die nuwe rugbyraai is nou amptelik oop vir Vrydag se wedstryd teen die Bleekbene, so julle kan julle tellings begin pos! Onthou – die wenner wen R500-00 in kontant! Laat waai met daai inskrywings!
Groete
Vic
PS: BOKKEEEEEEEE!!!!!!

Bygedra deur victormatfield
Bygedra deur victormatfield 
