Waaroor gaan almal tog so tekere?!
‘n Mens sou sweer ons het êrens ‘n Bokkop verloor soos wat die koerante in Suid-Afrika aangaan oor Saterdag se uitstappie teen die ouens van Tonga. Dit was close en alles, maar ons was nooit buite beheer nie, was ons? In elk geval nie gedurende die tweede helfte nie.
Ek moet erken dat die beginspan nie juis gelyk het na ‘n Springboktrop wat later uit die Gouebeker gaan vreet nie, maar julle moet onthou dat twee dinge op die dag teen ons getel het. Eerstens is dit moeilik om die ouens opge-charge te kry vir ‘n wedstryd teen Tonga, en tweedens was dit die sg B-span wat uitgedraf het. Moeilik om dan wonderwerke te verwag. Sorry Bob…
Coach het reeds besluit die A-span sal Sondag die Yanks se sterte gaan knoop, so niemand hoef meer in vrees te lewe nie. Anyway, ons het behoorlik met Samoa en die Bleeksiele afgereken, so niemand kan sê die span voldoen nie aan die verwagtinge nie. Persoonlik dink ek ons is mooi op koers, en Saterdag was net ‘n reminder dat mens enigiets in hierdie toernooi moet verwag.
By the way – het enigiemand opgelet dat die Springbokke die eerste span was wat plek bespreek het in die kwarteindstryde? Ek dink dis ‘n goeie teken. Hieronder het ek vir julle ‘n samevatting van die verloop van sake tot dusver ingesit, met al die uitslae en goodies, sowel as die stand van sake in die onderskeie groepe.


Die Bleeksiele is in vir die game van hulle misrabele lewens komende Vrydag. Tonga het bloed geruik, en hulle gaan soos ‘n pak honger wolwe wees. Ek weet nie of die liewe Sir hulle uit daai gemors geskop gaan kry nie. Kan jy imagine die kampioene maak nie die volgende rondte nie?! Wat ‘n geween en ‘n gekners van tande – maar ook net op die Queen se Klip! In ons groep is Samoa die groot teleurstelling – iets soos Pamela Anderson in ‘n Voortrekker-rok…
In Groep B sal die verdomde Aussies en die steenkoolmyners gemaklik deurgaan, terwyl die All Blacks en die whisky-makers Groep C sal top. In Groep D is die chaos heerlik om te aanskou. Die volgende belangrike game is die Hane teen die manne van Georgia. Die Hane moet met ‘n lekker groot punteverskil wen, en vier drieë druk vir ‘n bonuspunt, om hulself in die run te hou vir eerste plek in die Groep. Daarna vat die Pumas en die Iere mekaar. Wen die Pumas, eindig hulle bo-aan die groep, en moet die Fransmanne hulle lywe begin vet smeer vir die All Blacks – in Cardiff! Nie iets wat die arme gashere aan gedink het voordat hierdie toernooi begin het nie…
Ek hoop en bid vir ‘n All Black/Frankryk – wedstryd! Wie ookal daar wen, sal die hele World Cup op sy kop keer. CHAOS! En soos Bakkies sê: dis beter om onder die radar te vlieg – veral wanneer die kakka die fên strike! Plumbers weet van kakka, so ek stem saam met hom.
Ander nuus is natuurlik die beweringe rondom KleinSwys se knibbel aan Sefa Vaka. Dalk het die outjie dit letterlik opgeneem toe Coach ons opgestuur het met die opdrag “gaan verskeur hulle”. Tyd sal leer wat die uitkoms van hierdie happie gaan wees, maar met ‘n moontlike straf van ses maande tot drie jaar, klink dit meer na ‘n gewapende roof op ‘n Kentucky, as net ‘n klein proe-slaggie aan ‘n opponent…
Coach het vanoggend gesê hy gaan voortaan persoonlik seker maak almal eet genoeg voor ‘n wedstryd, sodat die honger hulle nie weer oorval gedurende ‘n game nie. Bakkies reken (met ‘n moerse grynslag!) hyself sal dan nooit betyds by die game opdaag nie. Ek het voorgestel ons bedien ‘n vinger-ete gedurende halftyd in die kleedkamers. Bakkies het toe amptelik aansoek gedoen dat halftyd tot twintig minute verleng word… Plumbers darem…
Die rugbyraai vir die wedstryd teen die Yanks is oop! Kliek hier onder! Ek sal net nou die wenner van die vorige raai aankondig – Bakkies sukkel nog met die somme!



September 25, 2007 at 9:53 vm
SA – 67
Yanks – 15
September 25, 2007 at 10:39 vm
Welgedaan Bokke!! Onthou ons het Roemenië 13-8 in 95 gewen. (as ek dit nie mis het nie, was maar nog ‘n laerskool laaitie daai tyd). So is bly het bietjie gesukkel die naweek. Check hoe verinneweer ons die Yanks Sondag. In elk geval wat maak ‘n groot score saak, solank die beker saam huis toe kom!! Go Bokke!!
September 25, 2007 at 10:49 vm
Bokke 55 – USA 12
September 25, 2007 at 10:50 vm
Bokke 65 – USA 8
September 25, 2007 at 12:36 nm
Ek is bly dat die groot manne na die “party” toe gekom het om die wa deur die drif te sleep.
Die B span is nie volwasse genoeg nie – iets waarvoor almal hier by die huis voor bang was! Suid Afrika was saterdag ( vernaam na die Protea balls up) baie nervous
Die arme plummer moes vir ‘n lang tyd alleen aftjop!
Die ouens behoort nou op dieselfde programme te wees om verder te vorder
Groetnis
September 25, 2007 at 12:36 nm
Bokke 73 Yankees 9
September 25, 2007 at 12:37 nm
Bokke 69 Yanks 12
September 25, 2007 at 12:48 nm
Bokke 82 – USA 10
September 25, 2007 at 12:49 nm
Bokke 77 – USA 7
September 25, 2007 at 2:20 nm
BOKKE 34 – USA 7
September 25, 2007 at 6:22 nm
Bokke 42 USA 10
September 25, 2007 at 7:09 nm
Bokke 48
VSA 7
September 25, 2007 at 7:15 nm
South Africa centre Francois Steyn has been cleared of biting Tonga winger Joseph Vaka on the hand and is free to play in the Springboks’ final Rugby World Cup group game against the United States on Sunday.
September 25, 2007 at 9:04 nm
Ons 56
Roomyslanders 12
September 26, 2007 at 6:07 vm
Bokke 43 Yanks 9
September 26, 2007 at 6:21 vm
BOKKE 40 – USA 12
September 26, 2007 at 6:27 vm
BOKKE 56 – USA 10
September 26, 2007 at 6:28 vm
BOKKE 47 – USA 12
September 26, 2007 at 6:42 vm
BOKKE 35 – USA 17
September 26, 2007 at 9:58 vm
Bokke 66 USA 6
September 26, 2007 at 10:00 vm
Bokke 93 Yanks 3. Soos die BULLS.
September 26, 2007 at 10:43 vm
BOKKE 41 – VSA 8
September 26, 2007 at 10:53 vm
BOKKE 39 – USA 14
September 26, 2007 at 10:53 vm
BOKKE 49 – USA 3
September 26, 2007 at 10:56 vm
BOKKE 79 – USA 7
September 26, 2007 at 10:56 vm
BOKKE 82 – USA 18
September 26, 2007 at 2:50 nm
Bokke 103 – Septic Tanks 9
Ons kan darem wragtag nie dat die all blacks die enigste span is wat n century geskore het in die toernooi nie… hulle bekke sal daaroor ook weer groot wees selfs na ons hulle pak gegee het in die final!!
September 26, 2007 at 3:39 nm
Bokke 93 USA 15
September 26, 2007 at 8:01 nm
Mmmm. Interresant dat daar maar nog min punte teen die VS van A aangeteken is. Vanaand weer. Ek hoop Habanna hou by sy woord en druk vir die punte rekord teen die Yanks. Dit gaan sports wees; dit gaan groot sports wees en ek mis dit vir niks nie.
Ek dink Steyntjie moet een knyp – hoog in die binnebeen!
September 26, 2007 at 8:39 nm
Bokke 96 US of A 6
September 26, 2007 at 11:12 nm
bokramme 42 aasvoëls 9
September 27, 2007 at 5:55 vm
BOKKE 29 – USA 12
September 27, 2007 at 5:55 vm
BOKKE 100 – USA 9
September 27, 2007 at 6:54 vm
Verskonings, verskonings, verskonings……
September 27, 2007 at 9:53 vm
Bokke 69 VSA 11
September 27, 2007 at 9:54 vm
Bokke 71 VSA 9
September 27, 2007 at 10:23 vm
BOKKE 33 – USA 15
September 27, 2007 at 10:24 vm
BOKKE 50 – USA 12
September 27, 2007 at 10:25 vm
BOKKE 58 – USA 6
September 27, 2007 at 10:26 vm
BOKKE 60 – USA 15
September 27, 2007 at 10:29 vm
BOKKE 27 – USA 20
September 27, 2007 at 10:39 vm
BOKKE 65- USA 17
September 27, 2007 at 10:52 vm
Suid-Afrika 62 VSA 6
September 27, 2007 at 10:57 vm
SA 44 – VSA 6
September 27, 2007 at 2:56 nm
SA 56 VSA 17
September 27, 2007 at 6:44 nm
SA 73 VSA15
September 28, 2007 at 5:45 vm
BOKKE 64 – USA 10
September 28, 2007 at 5:57 vm
BOKKE 45 – USA 15
September 28, 2007 at 5:57 vm
BOKKE 46 – USA 8
September 28, 2007 at 7:56 vm
BOKKE – 52
USA – 12
September 28, 2007 at 7:56 vm
BOKKE – 46
USA – 6
September 28, 2007 at 8:10 vm
BOKKE 51 – USA 9
September 28, 2007 at 8:10 vm
BOKKE 53 – USA 18
September 28, 2007 at 9:08 vm
BOKKE 52 YANKS 9
September 28, 2007 at 9:17 vm
BOKKE 53 Yanks 6
September 28, 2007 at 10:49 vm
Bokke 99 USA 3 … as die bulle dit teen die reds kon doen, dan moet julle ook kan!
September 28, 2007 at 11:09 vm
BOKKE – 42
USA – 12
September 28, 2007 at 11:10 vm
BOKKE – 56
USA – 6
September 28, 2007 at 11:29 vm
Behandel die drie SA-gebore Yanks mooi want hulle kan dalk nog baie beteken vir die VSA om hul rugby te verbeter.
En moenie te lelik praat gedurende die wedstryd nie want hulle sal verstaan wat daar gesê word.
September 28, 2007 at 11:47 vm
Bokke – 150
VSA – 0
September 28, 2007 at 12:07 nm
BOKKOE 75 – USA 18
September 28, 2007 at 12:57 nm
BOKKE 54 – USA 12
September 28, 2007 at 1:20 nm
Bokke 61 – 13 VSA
September 28, 2007 at 1:22 nm
BOKKE 43 – USA 30
September 28, 2007 at 1:23 nm
Bokke 59 – 20 VSA
September 28, 2007 at 1:44 nm
BOKKE 57 – USA 12
September 28, 2007 at 1:45 nm
BOKKE 63 – USA 15
September 28, 2007 at 1:45 nm
BOKKE 68 – USA 9
September 28, 2007 at 1:46 nm
BOKKE 70 – USA 10
September 28, 2007 at 2:04 nm
Bokke 82 – USA 17
GO BOKKE GO!!!!
September 29, 2007 at 9:01 vm
Bokke – 74
USA – 12
September 29, 2007 at 9:02 vm
Bokke – 64
USA – 3
September 29, 2007 at 9:02 vm
Bokke – 86
USA – 7
September 29, 2007 at 12:15 nm
USA 3 – RSA 55
September 29, 2007 at 3:48 nm
great blog!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Oktober 2, 2007 at 8:08 vm
How do think you are going run a blog site that has not been updated in days ! PLEASE take a leaf out of Keo’s site and Steve Hofmeyer to see what is expected for a successful blog – maybe the “nataller” should take over, or even Bobby!
Oktober 3, 2007 at 7:24 vm
Waar is almal en Vic??
Oktober 3, 2007 at 8:34 vm
Gaan ons darem bietjie ‘n nuwe post kry voor die volgende wedstryd???
Oktober 3, 2007 at 9:30 vm
Ek wonder ook en ons weet ook nog nie wie die vorige rugbyraai gewen het nie??