Wat ‘n naweek!
Skielik is daar 31 Walliesers wat werk soek – enige werk behalwe rugby – want rugby kan hulle duidelik nie speel of afrig nie… Nogal hartseer, nie waar nie. Die arme coach, Gareth Jones, het skaars die kleedkamer gehaal na die wedstryd, toe staan sy kantoorinhoud al op die sypaadjie. Hierdie steenkoolmyners vatikaki! En imagine jy lyk soos hulle kaptein – hoe sou jy gevoel het?

Werkloos en tandloos… Die lewe is maar partymaal ekstra ongeskik met party mense… Ons het self nie die mooiste kaptein nie, maar woord op straat is dat die instaan-kapteine darem so nou en dan ‘n paar knieë lam maak. *wink wink* If you know what I mean!
By die Iere gaan dit seker nie veel beter nie – die enigste ou wat daar seker is van sy werk is die coach, en dit net omdat hy slim genoeg was om sy kontrak te verleng voor hulle op hulle herrie gekry het! Dalk moet die Iere oorweeg om ‘n paar Argentyne in te voer – ten minste wil hulle rugby speel! Volgens my onbeskeie opinie moes die heer O’ Driscoll sy emosies vir homself gehou het toe hy daardie poksie van hom gaan druk het. Sy uittartery het net daai klomp Argentyne bedonnerd gemaak! En die resultaat is verewig op die scoreboard!
Hier in ons kamp gaan dit voor die wind. Die stutte knor ‘n bietjie met seer knieë, maar coach het vir dr Jannie du Plessis laat kom om die spulletjie te kom gesond dokter. ‘n Ekstra voordeel is natuurlik die feit dat hyself nie te onaardig druk op stut nie, en dus sommer sy tokse ook moes saambring. Persoonlik sou ek natuurlik vir Richard Bands laat kom het (Bloubul, jy weet…!), maar my stem tel nie (ek’s net ‘n instaan-kaptein, ‘n sexy een…) Bismarck is baie in sy skik – nou kan hy vir sy ouboet wys die girls is regtig so mooi soos hy in sy briewe huistoe gespog het. Die seuns darem… Ek dink die stutte eet te veel, die dat hulle knieë inkonk. Tot ou Bakkies ly honger – hy het glads al gewig verloor…
MY VOORSPELLINGS VIR DIE KOMENDE NAWEEK
Hier gaan ek bietjie my bek rek! En vir die beste hoop! Eerste wedstryd: Australië teen die Bleekbene. No contest! Die Aussies gaan hulle gatte goed skop! Met ten minste 20 punte.
All Blacks teen die Hane: weet julle hoe het ek gebid vir hierdie situasie! Ek gaan soen sommer ‘n paar Argentyne! Dit gaan ‘n riller wees, want Les Blues sal nooit die skande oorleef as hulle nou reeds uitgeskakel word nie. Feit van die saak: All Blacks met tien punte!
Argentinië teen Skotland: No contest! Alweer! Die Britse spanne is te akkies hierdie jaar om ‘n duik in ‘n marshmallow te maak, wat wou die Poemas opdons! Argentinië met 20 punte!
Bokke teen die Eilanders: NO COMMENT! Maar bly ingeskakel vir volgende week se halfeindstryd: Bokke vs Poemas!
Nou – die rugbyraai! Ek het ‘n paar e-mails van angstige wenners gekry wat wonder wanneer hulle hulle pryse gaan kry. Goeie nuus! Ons borg het aangedui dat die prysgeld Vrydag elektronies in elkeen se bankrekening inbetaal sal word. Julle moet asseblief julle bankbesonderhede vir my e-mail, dan sal ek dit weer vir hulle aanstuur. Die volgende rugbyraaie se pryse sal betaal en gestuur word na afloop van die Wêreldbeker. Happy? Happy!
Ek het nog nie die uitslag van die SA vs VSA rugbyraai gekry nie – die mannetjie doen tot vandag toe nog een of ander valskermkursus. Sal dit pos sodra ek dit het. OK? OK!
Nou ja toe – groete uit ‘n klammerige Frankryk! Ek hoop dit reen lekker daar by julle ook!
O ja! Hier’s die nuwe rugbyraai! SA teen die Island Stylers! Go for gold!
PS: Ek kan nie elke dag blog nie – ek het ‘n World Cup om te wen, verdomp! Maar ek en ou maergat (Bakkies) geniet dit om te sien wat julle als te sê het. So sê ‘n slag iets – moenie net gulsig wees oor die prysgeld nie! Byvoorbeeld: wie’s die sexyste: Ou tamatieboude of Bakkies? en die slimste? Ou tamatieboude of… uhm… of… Sê julle maar!



Oktober 3, 2007 at 10:30 vm
Ek sal se jy en Bakkie is baie meer sexy as ou tamatieboude. En jy is baie slimmer as tamatieboude.
Oktober 3, 2007 at 10:58 vm
Ja nee wat – daar is darem van ons Bokke wat darem wragtig sexy is ! En julle twee is darem net voorblad materiaal of wat se ek nou? Voorspoed met die Fiji game..julle gaan ons weereens trotse Suid Afrikaners maak!! Ek hou die dop reg!!
Oktober 3, 2007 at 11:24 vm
Bokke: 43
Fiji: 19
Oktober 3, 2007 at 11:45 vm
SA 32 – Fiji 12
Oktober 3, 2007 at 11:50 vm
Bokke 44 Fiji 12
Oktober 3, 2007 at 11:50 vm
Bokke 48 Fiji 18
Oktober 3, 2007 at 11:56 vm
Bokke 38
Fiji 21
Oktober 3, 2007 at 12:09 nm
Bokke 34 – Fiji 7
Oktober 3, 2007 at 12:10 nm
Bokke 39 – Fiji 10
Oktober 3, 2007 at 12:15 nm
Bokke 46 – Fiji 31
Oktober 3, 2007 at 12:16 nm
Ek en BobTong het gewonder… Never mind…
Oktober 3, 2007 at 12:20 nm
Bokke 27 – Fiji 10
Oktober 3, 2007 at 12:37 nm
Wat het jy en BobTong gewonder???
Oktober 3, 2007 at 12:50 nm
Victor as ‘n MANLIKE student hier langs loftus kan ek seker nou nie rerig se jys hot nie, maar as ek ‘n girl was sou ek verseker nie vir ou Smittie gaan nie. Bakkies is hier op my muur, so tussen al die hot modelle. So hy kan maar goed voel oor homself….
Oktober 3, 2007 at 12:51 nm
O en Wereldbeker 2007 kampioene 46 – Fiji 23
Oktober 3, 2007 at 1:09 nm
BOKKE 47- FIJI 21
Oktober 3, 2007 at 1:20 nm
BOKKE 49 – FIJI 18
Oktober 3, 2007 at 1:30 nm
Bokke 36 – Fiji 16
Oktober 3, 2007 at 5:28 nm
Groen-En-Goud 42 – 18 Castaways
Maar siende dat ek ‘n IT man is,weet ek nie so mooi of die ppl hier hulle bank besonderhede moet uitgee nie.Teveel risk daarin.Ek’s seker die wenners kan op ‘n ander manier pryse kry.Sorry vir dit nou,maar dis ‘n risk ppl
Oktober 4, 2007 at 5:16 vm
bokke 33 fijante 10
Oktober 4, 2007 at 6:05 vm
Bokke 45 – Fiji 15
Jy en Bob-tong het wat gewonder? vertel ons nou maar, toe seblief kaptein
mmm… jy’s beslis slimmer as tamatieboude, maar bakkies is die slimste (met die dat hy ‘n plumber is en als, jy weet)… en jy en bob-tong is for sure meer sexy as tamatieboude, maar bakkies is die sexyste, veral noudat hy so mooi gewig verloor
Oktober 4, 2007 at 6:59 vm
Bokke 39 Fiji 19
Oktober 4, 2007 at 7:00 vm
Bokke 41 Fiji 18
Oktober 4, 2007 at 7:12 vm
BOKKE 37 – FIJI 15
Oktober 4, 2007 at 7:13 vm
BOKKE 40 – FIJI 20
Oktober 4, 2007 at 7:16 vm
BOKKE 42 – FIJI 22
Oktober 4, 2007 at 7:40 vm
Bokke 38 Fiji 25
Oktober 4, 2007 at 7:40 vm
Bokke 43 Fiji 18
Oktober 4, 2007 at 9:06 vm
BOKKE 30 – FIJI 7
Oktober 4, 2007 at 9:07 vm
BOKKE 31 – FIJI 18
Oktober 4, 2007 at 9:09 vm
BOKKE 43 – FIJI 19
Oktober 4, 2007 at 10:52 vm
Bokke 29 Fiji 19
Oktober 4, 2007 at 10:52 vm
Bokke 24 Fiji 12
Oktober 4, 2007 at 1:31 nm
Bokke 47 – Fiji 36
Oktober 4, 2007 at 1:35 nm
BOKKE 50 – FIJI 25
Oktober 4, 2007 at 1:41 nm
BOKKE 28 – FIJI 6
Oktober 4, 2007 at 1:41 nm
BOKKE 21 – FIJI 7
Oktober 4, 2007 at 6:34 nm
Bokke 35-Fiji 12
Oktober 4, 2007 at 6:36 nm
Bokke 42 – Fiji 17
Oktober 4, 2007 at 6:57 nm
Bokke 47 Fiji 19
Oktober 5, 2007 at 7:46 vm
BOKKE 39 – FIJI 15
Oktober 5, 2007 at 7:47 vm
BOKKE 34 – FIJI 9
Oktober 5, 2007 at 7:47 vm
BOKKE 31 – FIJI 10
Oktober 5, 2007 at 7:47 vm
BOKKE 38 – FIJI 18
Oktober 5, 2007 at 8:56 vm
Daar is nie n meer sexy span in die Wereld beker as die Bokke nie – Corle Potgieter (18). Daarmee is dit dan gese!!
Bokke 41 – Fiji – 6 (twee strafskoppe want ons boys hou van groet)
Oktober 5, 2007 at 8:59 vm
is nou maar recently ‘n rugbyfan! Het eers gedink jys ‘n sanger, victor…
hehehehe – ja ek is blond!!
sorry man maar julle gaan wen Sondag – Good luck!
Oktober 5, 2007 at 9:23 vm
BOKKE 52 – 21
Oktober 5, 2007 at 1:50 nm
BOKKE 36 – FIJI 21
Oktober 5, 2007 at 2:04 nm
Klap hulle 80-0 met of sonder die tong!
Oktober 5, 2007 at 2:35 nm
Hallo Gawie!
‘n Lekker 64/10 in ons guns natuurlik!
Oktober 5, 2007 at 6:44 nm
Bokke 67-13
Oktober 5, 2007 at 6:46 nm
Bokke 38 – Fiji 13
Oktober 5, 2007 at 6:49 nm
Bokke 22 – Fiji 15
Oktober 6, 2007 at 6:19 vm
bokke 25 – fiji 11
Oktober 6, 2007 at 6:20 vm
Springbokke 48 – Fiji 12
Oktober 6, 2007 at 7:53 nm
bokke 36 – fiji 6
Bokke julle moet wen! Ek is die enigste suid afrikaner in die village en sal nooit die einde hoor nie!
PS: kom ek stel dit so – kaptein – ek sal jou nou nie uit my bed skop nie!
Oktober 7, 2007 at 8:15 vm
BOKKE – 32
FIJI – 12
Oktober 8, 2007 at 7:21 vm
Nou ja toe. Amper maak gogga vir baba bang!
Dis seker die meeste “wettige” hoogvatte en skewe ingooie in die lynstane wat ek nog op ‘n rugbyveld gesien het, en ek is nie meer vandag se kind nie!
Veels geluk met ‘n welverdiende oorwinning, en geluk met daardie perfekte uitgee wat tot Pietersen se drie gelei het Victor.
Alle voorspoed vir Sondag teen die Poemas.
Oktober 8, 2007 at 9:35 vm
Baie geluk Victor en al die ander manne. Ons is baie trots op julle. Ons weet julle gaan vir ons die beker terug bring. Voorspoed sondag teen die Poemas
Oktober 8, 2007 at 10:38 vm
Mmmmm … sexy in die SA-span … dis moeilik – slag my dan maar af, die sexyste rugbyspeler OOIT is beslis Dan Carter! Ek gee nie ‘n hel om vir wie hy speel nie, mooi bly mooi…!
Oktober 8, 2007 at 10:56 vm
Die Bokke is beslis nie bo-aan die gewildheidsleër in die noordelike halfrond nie, maar gelukkig is dit nie ‘n gewildheidskompetisie nie. En die Bokke het gewys dat hulle kan seëvier ten spyte van baie elemente soos vuilspel, “spoiling rugby” en veral selektiewe siggestremdheid van seker “suurdruifland” lyn- en skeidsregters. Ek dink dit sal net reg wees as die blink dingetjie aan die einde van die dag tog diekant toe kom – die manne werk hard daarvoor. Hel, ek gaan voor in die oorwinningsparade dans!
Oktober 8, 2007 at 11:52 vm
Baie geluk julle. Bismark is vir my die mooiste rugby speler, sexy verby!!
Oktober 8, 2007 at 11:58 vm
Geluk aan die Bokke…dit was so ampertjies of hulle het dit nie gemaak nie nê?
Eks baie trots op hulle!!!
Oktober 8, 2007 at 12:59 nm
Whahahaha, Jo Ann, dit wil ekke sien!! xx
Oktober 9, 2007 at 8:38 vm
Verskoon my dames,ek wil nou nie ‘n klip in die bynes gooi nie, maar wat is fout met onse eie Wynand Olivier?
Oktober 9, 2007 at 9:44 vm
Ek stem saam met jou Gawie daar is niks fout met Wynand Olivier nie. My sexyste speler van alle tye is Joost v/d Westhuizen.
Oktober 9, 2007 at 11:20 vm
Ek stem halfpad vir Wynand Olivier. Baby Face pragtig. Ek hou egter meer van die “ongetemde voorkoms” en die”tall, dark & handsome tipe” en dit is beslis nie die plumber nie – jammer Bakkies. Fake Vic – sorry pal, jou bakkies is ‘n enigma en dit sal dan maar seker die Real McCoy wees wat my stem kry; soort van en ‘n bietjie tong-in-die-kies. Hy is amper perfek. Dit is net sy voorkeur vir blou wat my pla. Maar in groen kan hy beslis doen!
Oktober 9, 2007 at 12:18 nm
Solank dit netnie ou Tongetjie is nie!
Oktober 16, 2007 at 11:07 vm
Ek wil vandag ook my mening lig. Bakkies is verseker die mooiste speler op die veld, MAAR, Victor is die sexyste een. Daar is verseker ‘n verskil tussen mooi en sexy.
Oktober 18, 2007 at 5:43 vm
Nou waar is almal skielik heen?
Oktober 18, 2007 at 5:48 vm
Ek is seker Vic sal bietjie steun verwelkom.
Oktober 18, 2007 at 10:20 vm
Solank die Bokke net wen het ek vrede met die wêreld!!
Oktober 18, 2007 at 11:07 vm
Hmmm jy gaan mos met verlof vandag nê? Moet nou nie die oorwinning TE ernstig vier nie nê!
Oktober 18, 2007 at 12:21 nm
Hie hie!!! Ek vier alles ernstig, hetsy dit rugby is of nie!
Goed gaan!
Oktober 18, 2007 at 12:31 nm
Pasop die Kaapse haaie byt!
Oktober 19, 2007 at 8:22 vm
Bokke is net die beste. wen die englse net om hul bekke toe te hou, al is dit net me t een punt
(party bokke is darm ‘n skoonma se droom)