Voor ek enigiets oor die naweek se rugby sê: ‘n stukkie geskiedenis…
Donkiejare terug, in 1949, het die grootkoppe van All Blacks-rugby ‘n baie snaakse ding aangevang. Hulle het hulle seisoen so beplan dat die magtige All Blacks gelyktydig, op een dag, teen die Assies en die Springbokke sou speel. Daar is ‘n toergroep gekies vir ‘n reeks van vier wedstryde teen Suid-Afrika, sowel as ‘n span wat teen die Aussies sou gaan speel vir die Bledisloe Cup. So besluit, so gedaan…
En toe, op die 3de September 1949, draf die All Blacks se “derde span” teen die Aussies op in Wellington. En soos te wagte kan wees, klap die Aussies die Kiwis daardie dag met 11-6. En die magtige Silwervaring verloor die Bledisloe Cup. En soos die son weswaarts trek, raak dit toe tyd vir die All Blacks om hulle man te staan teen die Bokke, daar in Durban. Tagtig minute later, en die telling is 9-3, in die guns van die Springbokke. Vir die eerste keer in die geskiedenis van All Black-rugby, verloor hulle twee games op een dag. Een Kiwi-kommentator het dit ‘n “extraordinary day of humiliation” genoem. Wie sou nie?!
Terug by die naweek se rugby… Vyf weke terug daag die All Blacks in Frankryk op, na ‘n wonderlike drie jaar van voorbereiding. So wonderlik, dat hulle twee spanne het wat enige dag die res van die rugbywêreld kan aanvat. Let wel – alweer twee spanne. En hulle knoop toe al wat ‘n span is se sterte in die groepswedstryde. Sonder moeite.
En toe breek Saterdag 6 Oktober aan. Die All Blacks is vuurwarm favourites, en goed oppad eindstryd toe. Al wat tussen hulle en ‘n halfeindstryd staan, is die Franse Hane. No problem. Die wedstryd word nogals in Cardiff gespeel. En wat toe hier gebeur, word baie mooi deur Bakkies as volg verduidelik:
“Sien, Gabba, die ding staan so. Die All Blacks, met hulle haka en Maori-agtergrond, is eintlik maar ‘n vreeslike bygelowige spulletjie. Hulle glo verskriklik in spoke. Way back then in 1987, met die eerste Wêreldbeker, was daar nie ‘n Wêreldbeker-verlede wat by hulle kon spook nie. Die wat hulle toe die koppie kon wen. Maar kom ‘91, toe spook die glorie van ‘87 by hulle, en hulle sien hulle ghwarre. In ‘95 was die toernooi in Suid-Afrika, en elke Suid-Afrikaner sal vir jou kan vertel hoe spook ons ou landjie. En elke tweede spook se naam is Suzie. En toe jaag Suzie van Jo’burg die spulletjie mos op hol. En Madiba wen die ou koppie.”
“In ‘99 is daar toe so baie spookstories in omloop, die All Blacks het nooit ‘n kat se kans gestaan nie, en in ‘03 het hulle weer te naby aan hulle eie eilandjie gespeel, so toe spook al hulle voorvaders by hulle, en weereens duik hulle in die bollie. Hierdie jaar het hulle sonder enige spoke opgedaag, maar toe hulle die haka doen, kom spook die Hoenders in hulle gesigte met ‘99 se spoke. Eindresultaat: hulle soek alweer ‘n nuwe coach!”
Aldus Bakkies. Terug by die twee spanne van die All Blacks. Hulle laat dink my eerder aan die ouens daar uit Bakkies se wêreld. Jy weet mos – daai 1-2-3 manne. Een liter brandy, twee liter Coke en drie-liter Ford. Net met ‘n klein verskilletjie. 2-1-0. Twee spanne. Een nasie. Zero World Cup!
En dan was daar die Aussies. Shym. Om te dink hulle bring vir arme Larkham saam vir die semi’s en final, en dan moet hy op die pawiljoen sit en huil omdat sy maatjies hom nie ‘n speelkans gegee het nie. Dit moet nogal bollie wees.
TinkerBelle is die Groene hier in ons span. Baie ge-concern met global warming en sulke goed. Hy is net bekommerd oor die drie eilandspannetjies wat moet terugkruip daar na waar hulle vandaan kom. Hy wou weet of hulle darem almal saam op een vliegtuig sal terugvlieg, om sodoende hulle “carbon footprint” so klein as moontlik te hou. Ek verstaan nie lekker van footprints nie, maar dok Jannie het dit vir my verduidelik. Hy sê as ‘n koei poep stel dit metaangas vry, en dit besoedel die lug. BobTong sê dan moet ons nie bekommerd wees oor die vliegtuig se poep nie, maar eerder oor al die poepe wat die eilanders op die rugbyveld gelos het. Dit was baie meer. Bakkies sê dit het vir hom meer gelyk na bollie as poep. Bakkies weet van die verskil tussen ‘n poep en ‘n bollie. Hy’s ‘n plumber, jy weet.

Feit van die saak: daar was agt, nou’s daar vier. En Bok se kind is nog in die mix! Saterdag wei die Hoenders in die Roostuin, en Sondag is daar ‘n troppie Poemas wat skielik ‘n aptyt ontwikkel het vir Springbokvleis. En na die afgelope naweek gaan ek geen voorspellings waag nie. Paddy Power en die ander bookies het hoeka laat weet dat hulle nie meer van my dienste gebruik sal maak nie. Hulle reken my voorspellings is soos die Hoenders se rugby en die Rose se bier – bollierig.
Ek sal egter een voorspelling waag, en hierop kan julle maar bank. In die finaal gaan ons kattermaai onder die Hoenders of die Rose! Hou maar net dop!
RUGBYRAAI-WENNERS
My admin-mannetjie is uiteindelik weer op sy pos, en hier is die wenners van die laaste twee rugbyraaie:
BOKKE vs YANKS: BOERINBALLINGSKAP (67 – 15) (Anel het naby gekom met haar 65 – 17, maar ons het besluit om dit vir Boer te gee omdat hy een van die tellings raak voorspel het.)
BOKKE vs FIJI: BOENDOE (38 – 21)
Baie geluk, julle twee! Nie te sleg nie! Die admin-mannetjie sal met julle kontak maak! Hierdie naweek is dit ons teen die klomp Argentyne – julle kan laat waai met daai voorspellings!
Groete tot ‘n volgende keer!



Oktober 9, 2007 at 11:14 vm
SA 27 – Arg 22
mits…. die ref en die lynregters kan SIEN en nie verplind word deur die wit in die Argentyne se klere nie. Hel, hoe mis mens so baie DUIDELIKE hoogvatte? Of is die fout by my?
Oktober 9, 2007 at 11:37 vm
Bokke 22 – Arg 17
Oktober 9, 2007 at 11:43 vm
bokke: 35
Arg: 22
Oktober 9, 2007 at 11:45 vm
Nee, Jo-Ann, ek verstaan ook nie meer nie. Nou wat is ‘n hoogvat? is dit dalk bo die skouers…? Of sit die ref se oë, jy weet waar. Nog maals welgedaan Bokke en ek is so bly die All Blacks is al by die huis (LEKKER). Dalk moes hulle 3 spanne saamgevat het… O hel ek is bang vir die Argentyne. Asseblief ou Victor wen hulle tog. Daai ouens speel met passie en het bloed geruik. Wat dink julle is die Bulle se kanse Saterdag? Ek is tog so bly ek het uit die Vrystaat uitgetrek. Daai klomp Cheetahs se monde kan ook maar leka groot raak… Maar nou ja dalk wen die Bulle en die Bokke en het ek ‘n baie lekker naweek. Sterkte ou Victor en kie.
Bokke 18 – Argentyne 17
Oktober 9, 2007 at 1:48 nm
Hey Victor wat meen jy met Bakkies se wereld?? Ek hoop nie dis waar hy bly nie. Dis baie naby aan my.
Oktober 9, 2007 at 2:10 nm
Bokke 21 – Poemas 7
Oktober 9, 2007 at 2:11 nm
Bokke 24 – Poemas 18
Oktober 9, 2007 at 2:14 nm
Bokke 25 – Poemas 21
Oktober 9, 2007 at 3:32 nm
Ag, dankie! Kan nie onthou wanneer laas ek iets gewen het nie. Me happy!
Oktober 9, 2007 at 3:35 nm
Asseblief, my lief, moenie weer my senuwees so klaarmaak soos met daai laaste game nie! Dit was darem so amper of ons het saam met die All Blacks en Aussies geween! Ek sal nie weer spanning soos daai kan oorleef nie, en my naels ook nie.
Wat’s die verskil tussen die All Blacks en ‘n halwe Viagra?
Met ‘n halwe Viagra kry jy darem ‘n semi
My voorspelling:
Bokke 18 – Poemas 13
Gryp hulle aan die horings, Vic, en ry hulle bloots!
Oktober 9, 2007 at 7:37 nm
Marius, jou raai is seker net so goed soos myne. Ek sou graag wou sien dat die Bulle wen, maar ek weet nie so mooi nie. Die Cheetas is sterk hierdie jaar en ons moet hulle nog boonop aanvat op hul tuisveld net ‘n week nadat ons ons watte op Loftus gesien het. Sal maar styf duime vashou en bid vir ‘n wen.
Oktober 9, 2007 at 8:49 nm
Bokke 28 Pumas 16
Skrum hulle soos julle die Fijane die laaste 10 minute geskrum het, dan wen ons.
Oktober 10, 2007 at 6:20 vm
Bokke 35 Pumas 21
Good luck Bokke! Julle bly die beste!
Oktober 10, 2007 at 8:34 vm
BOKKE 20 – PUMAS 12
Oktober 10, 2007 at 12:23 nm
Bokke 29
Poemas 28
(in ekstra tyd)
Oktober 10, 2007 at 12:31 nm
BOKKE 31- PUMAS 20
Oktober 10, 2007 at 12:31 nm
BOKKE 27 – PUMAS 21
Oktober 10, 2007 at 7:22 nm
Bokke 33
Poemas 26
Oktober 10, 2007 at 8:05 nm
Bokke 34 – 20 Pumas
Oktober 11, 2007 at 8:09 vm
BOKKE 34 – PUMAS 28
Oktober 11, 2007 at 8:10 vm
BOKKE 30 – PUMAS 26
Oktober 11, 2007 at 8:11 vm
BOKKE 15 – PUMAS 12
Oktober 11, 2007 at 10:52 vm
BOKKE 31 – PUMAS 29
Oktober 11, 2007 at 4:25 nm
Dellie ek stem saam jou, die manne het my klaar gehad. My bier voorraad is m@er toe na die game. Hoe meer gespanne, hoe meer sit op die rand van my stoel en Steyn hol op en af!! Dis ‘n skande dat hy moet loop bier haal vir sy pa … sal die die naweek regstel.
My beskeie menning is dat die Bokke die Puma’s gaan laat les opsê.
Bokke 34 Puma 18
Oktober 12, 2007 at 10:02 vm
BOKKE 19 -PUMAS 12
Oktober 12, 2007 at 10:11 vm
Bokke 26 – Pumas 20
Oktober 12, 2007 at 10:11 vm
Bokke 38 – Pumas 21
Oktober 12, 2007 at 10:13 vm
Bokke 32 – Pumas 26
Oktober 12, 2007 at 10:13 vm
Bokke 36 – Pumas 30
Oktober 12, 2007 at 10:46 vm
Bokke 24 – Poemas 16
Oktober 12, 2007 at 1:13 nm
bokke 29 – pumas 17
Oktober 12, 2007 at 1:46 nm
bokke 28 – Poema 21
Oktober 12, 2007 at 1:46 nm
Bokke 18 -Poema 10
Oktober 12, 2007 at 1:47 nm
Bokke 21 – Poemas 18
Oktober 12, 2007 at 4:49 nm
Ag, dankie van my kant ook! Ek wen ook nooit iets nie, en dit was nou wonnerlike nuus, NA ‘n hele week sonder die internet! Baie dankie!!
Oktober 13, 2007 at 7:25 vm
Victor, my eerlike mening oor hierdie blog van jou spreek van uiterse swak smaak. Dit lyk eerder of dit Bakkies se blog is, want sy naam word in elke paragraaf gebruik. Bakkies se waardes is baie hoog, verseker hoër as die snert wat hier oor hom kwytgeraak word. Hy is ‘n persoon van integriteit. Hy die plumber is, wat kan ons jou noem? Gee nie om wat die mense dink wat hier lees nie, kan net sê NIKS is waar wat van Bakkies gesê word nie.
Die wêreld waar Bakkies vandaan kom, is Sasol wat die Bokke borg? Wat sê dit?? Waar kom jy vandaan?? Wil vir my voorkom, oor die feit jy hom so uitsonder dui daarop dat jy ‘n swak selfbeeld het. Daar is ‘n plek vir alles en hierdie is defnitief nie die plek nie.
Oktober 13, 2007 at 10:01 vm
Argentyne 9
Bokke 15
Oktober 13, 2007 at 10:08 vm
Vergewe my, maar ek het ‘n bad, bad feeling!
Argentyne 16
Bokke 12
En ek hoop van harte ek is verkeerd!
IWBWK: het jy die opskriffie mooi gelees?
Oktober 13, 2007 at 8:24 nm
Bokke 32 – 12 Katte
Oktober 14, 2007 at 12:34 nm
BOKKE – 24
POEMAS – 18
Oktober 14, 2007 at 3:23 nm
Boendoe, ek hoop van harte saam met jou dat jy verkeerd is!
En wanneer IwBwk die opskriffie mooi gelees het, moet hy/sy sommer ‘n handvol humorpilletjies loop sluk ook – ‘n nuwe wêreld vol wonders mag dalk vir hom/haar oopgaan!
Oktober 15, 2007 at 6:33 vm
Heito, maar dit was nice! Ek het amper gedink Bakkies gaan ‘n “Platkuif” trek op Danie toe hy daardie tweede drie druk! (Jy weet, hom ‘n oopbek soen gee…!)
Oktober 15, 2007 at 7:42 vm
Dellie, jy so praat wat die name is van sulke soene, dan praat jy seker van ondervinding.
Oktober 15, 2007 at 9:30 vm
Iemand wat Bakkies werklik ken: al gehoor van ‘n grappie? En as jy onse vriend Platkuif geken het, sou jy presies geweet het waarvan ek praat. Smile so bietjie toe, jou gesig sal nie kraak nie!
Oktober 15, 2007 at 9:31 vm
I am not worthy…..
I am not worthy to be in the company of such greatness!!!
Well done manne – nou – saggies in die lang grassies vir die eindstryd.
R
Oktober 15, 2007 at 9:37 vm
Dellie, ons moet maar die manne n kans gee – klink my hulle stress al klaar vir ‘the Big Finale”.
Iemand wat Werklik vir Bakkies ken sal nie so op sy perdjie wesie…. So is jy seker dis Onse Bakkies wat jy ken, jy weet, die Plumber???
R
Oktober 15, 2007 at 1:33 nm
Dankie toggie, boendoe was verkeerd!
en Bakkies is ‘n darling, met ‘n moewiese sin vir humor, ek dink nogal “iemand wat vir Bakkies werklik ken” behoort dit te kan beaam? Dis jammer die wat hom ken deel nie sy sin vir humor nie.
Oktober 15, 2007 at 2:37 nm
Sherbit, ek is net so verlig! Regte doemprofeet, ekke!
Oktober 15, 2007 at 5:30 nm
IWBWK dink jy nie jy moet bietjie relax nie. Dis net ‘n blog, skree jy dalk vir New Zealand dat jy so suur is..
Oktober 16, 2007 at 7:12 nm
Lank laas sulke stront gehoor soos wat die man wat Bakkies ken kwytgeraak het.
Oktober 17, 2007 at 7:14 vm
WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN ‘N HALWE VIAGRA EN ‘N ALL BLACK?
As jy ‘n halwe viagra neem, kry jy ten minste ‘n ‘SEMI’!
Oktober 17, 2007 at 2:41 nm
Nou se bietjie, is die oomblik nou te groot ou Victor, of gaan ons nog voor Sadrag van jou hoor, pel.
Kom, jy kan ons nie so los nie – hier is groot goed aan die broei…
My telling:
Springbokke : 28
Witbeentjies: 16
Oktober 17, 2007 at 2:56 nm
Ek Sstem Koekie ons moet begin raai!!
Bokke – 42 Bleekbene – 18
Oktober 17, 2007 at 3:07 nm
Raait, ek gaan ook maar solank ‘n voorspellingkie waag:
Bokke 36
Blekes 12
Wonner wat het nou geword van die ou wat vir Bakkies so goed ken?
Oktober 17, 2007 at 4:10 nm
Pommies 9
Bokke 42
Oktober 17, 2007 at 11:56 nm
Kaki’s 16
Bokke 26
Dellie, ek dink die iemand wat Bakkies so goed ken, het dalk, net dalk, die opskriffie gelees!
Oktober 18, 2007 at 5:37 vm
Dellie en Boendoe ek glo die persoon het gelees en agter gekom hy/sy het hul naam $%^gemaak.
Persoonlik dink ek as Victor en Bakkies (die regte mense) hier moet lees, kruip hulle soos hulle lag.
Oktober 18, 2007 at 6:24 vm
Bokke 21 Engelse 20. Dit gaan ‘n riller wees. Dalk moet hulle soos in ou Leon se fliek, sweet en short, vir Longdrop (askuus Johhny) met ‘n hamer op die voet m@#r. Dalk vir Leon of Suzie daar kry vir bietjie doepa al is dit bietjie brandsous en ‘n hand vol miere in die broek of ‘n ietsie in die prematch meal ala Suzie… Go Bokke!!!! Iemand moet net vroegtydig vir Johhny sê hy kan nie pale toe skop vir ‘n poep nie…
Oktober 18, 2007 at 6:27 vm
O ja voor ek vergeet, so van Sweet en Short gepraat gee vir daai ou wat vir Bakkies so goed ken ‘n hand vol slaappille dat hy eers Sondag middag wakker work. Moet dit net nie vir Bakkies gee dalk raak hy in die lynstaan aan die slaap…
Oktober 18, 2007 at 6:31 vm
Net ‘n laaste bietjie raad, belowe sal nie weer pla, steek vir een van die Engelse, dalk daai monster vaskopstut van hulle (wat is sy naam?) op om vir Schalk te vra of hy ‘n moffie is… Dalk neuk ou Sckalkie hom en het OS ‘n baie lekker middag en kan met gemoedsrus uitree as die beste loskopstut wat ooit in die Groen en Goud uitgedraf het. Kom laat waai met bietjie raad vir die Bokke. Vic hoop julle luister!!
Oktober 18, 2007 at 6:50 vm
BOKKE 18 – POMMIES 6
Oktober 18, 2007 at 6:50 vm
BOKKE 28 – POEMIES 21
Oktober 18, 2007 at 6:51 vm
BOKKE 18 – POMMIES 10
Oktober 18, 2007 at 7:21 vm
Suid-Afrika 39
Engeland 17
Oktober 18, 2007 at 9:26 vm
Bokke 28 Rose 21.
Wie het verlede week se raai gewen?
Oktober 18, 2007 at 10:28 vm
Bokke 35
Engeland 17
Oktober 18, 2007 at 10:28 vm
Bokke 21
Engeland 18
Oktober 18, 2007 at 12:00 nm
Bokke 24
Engeland 13
Oktober 20, 2007 at 10:07 vm
Bokke 24
Rosiekies 16
Lekke bokke!! Vat hulle! =)
Oktober 20, 2007 at 1:33 nm
BOKKE!!!!!! 39
ROSE BOOOOOOOO 17
Mei 29, 2009 at 1:10 nm
Biltong BOKKIES 42
Pommie rosies 7