Hallo wêreld!

Hi!

My naam is Victor Matfield (vir die van julle wat nou nog nie weet wie en wat ek is nie: ek is die beste blêddie slot en kaptein wat Suid-Afrika nog ooit gehad het). Ek en my groot vriend Bakkies staan so paar nagte terug in die hotel waar ons tuisgaan se kombuis en midnight snacks maak, toe Bakkies my vra hoekom begin ek nie ‘n blog nie? “‘n Blog? Wat’s dit?” antwoord ek, terwyl ek die Stork ekstra dik op my buns smeer. Bakkies weet van baie, hy’s ‘n plumber, jy weet. Hy vertel my altyd van die interessante dinge. “Ja, man, ‘n blog, soos Steve s’n.”

“Beteken dit ek sal moet kaalgat gaan staan op Kerkplein?” vra ek toe, terwyl ek wonder wat Sarvu en my vrou daaroor te sê sal hê. “Ek’s ‘n bietjie van ‘n private ou, jy weet…”

“Nee, poepol!”, antwoord Bakkies, “‘n blog is soos ‘n dagboek, maar net op die internet.”

“Hmmm… En wat skryf ek dan in hierdie internet-dagboek?” vra ek hom toe. “Oor die Wêreldbeker, en die Springbokke, en die dinge wat ons doen waarvan die mense nooit hoor nie. Ek dink dit sal ‘n treffer wees, jy weet”, antwoord hy met drie viennas in sy kies.

En so is hierdie blog toe gebore. Altans die gedagte daaragter. Ons moes egter eers die pro’s en con’s oorweeg, maar het toe later besluit ons gee nie regtig ‘n hel om nie. Aan die einde van die Wêreldbeker verhuis ek anyway Frankryk toe, so dit maak nie regtig saak of iemand vir my kwaad raak oor my blog nie.

Bakkies ken iemand wat iemand ken wat ook blog, en twee oproepe later log hy toe in op WordPress, en siedaar! ons eie blog. Myne. My eie blog.

Op hierdie blog sal ek kaalvuis die waarheid vertel van die dinge wat in die Springbok-kamp gebeur. Ek sal my indrukke met julle deel oor al die spelers en die support staff, ek sal vir julle vertel wat ek dink van ons performance, en ek sal probeer om soveel as moontlik info te gee oor hoe ek ons RWC2007 campaign ervaar.

Ek en Bakkies (eintlik meestal net Bakkies…) het bietjie gesukkel met die “look” van my blog, want ons is rugbyspelers, nie blog designers nie. Daarom lyk hierdie blog nog nie soos wat ons dit graag sal wil hê nie. Bakkies het iets gesê van CSS. Dit staan blykbaar nie vir “Champions Still Springbokke” nie.

Daarom wil ons vir al die rekenaar-boffins daar buite vra om vir ons te help om die voorkoms van my blog grênd te maak. Julle oukies verstaan mos die werk! In ruil daarvoor sal Bakkies sorg dat daar gratis advertensie vir die gelukkige wenner op my blog verskyn. E-mail my by matfieldrwc2007@gmail.com en vertel vir Bakkies wat hy moet doen om die dinge mooi te tweak!

Dit is nou eers genoeg vir die eerste inskrywing in my dagboek. Ek is nou so opgewonde oor die bloggery, ek gaan sommer more self ‘n inskrywing intik! Vertel intussen vir al jou vriende van my blog, en nooi hulle om hier te kom kuier. Bakkies het vir my ‘n paar blogs op die internet gewys, en ek wil ook hê julle moet comments hier los. Laat waai, Meraai!

Tot volgende keer dan.

Groete,

Victor

Advertisements

19 Responses to Hallo wêreld!

  1. idiwidi sê:

    Welkom in die blogosfeer!

  2. Welkom, Victor! Sien uit na jou stories! 🙂

  3. Da Mario sê:

    Nou ja, welkom dan by die Afrikaanse blog-gemeenskap! Kry vir jou ‘n blogroll en dan lyk sake alklaar beter… 😀

  4. victormatfield sê:

    Hallo julle almal!

    Dankie vir die verwelkoming! Dis lekker om hier tussen julle te wees! Uuhhhmmm… Wat’s ‘n blogroll, huh? Ek kan nie nou vir Bakkies vra nie, hy is hier weg om vir ons ‘n koerant en bietjie eetgoed te gaan soek. Ek is nie vreeslik mal oor Ierland nie, en hierdie hotel waar ons bly se room service is stadiger as John Smit oor vyftig meter. Laat weet maar vir my hoe werk die blogroll ding, dan maak en en Bakkies ‘n plan!

  5. jierts, welkom op die blogosfeer.

    ‘n blogroll is ‘n kolom met skakels na ander mense se blogs. loer gerus op myne of enigiemand hier bo se blogs hoe dit lyk. dis ‘n manier om meer exposure te kry en vir mense te wys wat jy lees. soms is dit net ‘n gebaar van vriendskap.

    maar dis half standaard, so kry vir jou een. net as jy wil, natuurlik 😉

    jy kan ongelukkig nie css edit sonder om te betaal nie. en selfs dan is dit ‘n mors van tyd as jy nie baie cunning en kunstig en techy is nie. speel eerder met die reeds beskikbare wordpress templates. (once again, natuurlik, as jy regtig wil css doen, doenit.) ek sien hier’s reeds ‘n custom made header, wat goed is. versigtig egter – die witterige teks vertoon nie so lekker leesbaar nie. kyk of julle die kleur kan aanpas.

  6. victormatfield sê:

    Jis, Johan, jy’s nogal slim! Amper soos Bakkies! Is jy ook ‘n plumber, huh? Ek sal gou gaan loer op jou blog, en sommer al die ander ouens en vrouens s’n. Thanks man!

    PS: Bakkies het die header by SA Rugby se site gegaps. Hy sê dis fine, want ons werk vir hulle. Bakkies is nogal goed met goeters soos PhotoShop en sulke goed. Plumbers ken deesdae van alles!

    Vertel bietjie vir julle pelle van my blog, en e-mail vir my links wat julle op my brogroll wil sien – Bakkies sal dit in ‘n japtrap opsit!

    Cheers!

  7. Da Mario sê:

    Victor, visit die blogs wat jy wil, copy die homepage url en paste dit op jou admin page se blogroll en ed voila domina… die kind se naam is Wit Willem! 😀
    As dit vreemd klink, vra Bakkies, hy’s mos ‘n plumber… :mrgreen:

  8. Da Mario sê:

    Whahaha…. 😳 …. dis klaar daar! Hoop jy het ‘n beter oog vir ‘n gaping as ek vir detail! 😆

  9. mona sê:

    Hi Victor! Damn straight jy’s die beste slot, maar nie net hier in SA nie – the world’s more like it!! Manlief sê so.

    Geluk met jou blog en dankie aan Bakkies vir die inisiatief en effort. Ons soek al die skindernuus.. hehe

    Soet wees!
    Mona

  10. amaluyt sê:

    Welkom! Hoop om meer te lees van jou wedervaringe! Amanda Luyt

  11. sonkind sê:

    Ja, welkom van ‘n Capie. Moet sê, jy speel nogal vrek goed rugby!

  12. Ons is ‘n klomp blog-slimmies – so shoot met die vrae as julle sukkel!!

  13. Hoog tyd! Welkom. Oppas net vir die verslawing – ons het nog nie die pille daarvoor gekry nie. Maak mooi!

  14. Kokkewiet sê:

    Baie welkom!!! Ek sekondeer wat Jo-Ann sê – dit is beslis verslawend!!!

  15. Welkom welkom, en ek is bly julle weet nou waarvoor .css staan, 😉
    gelukkig weet ons ander ons ken of iemand om te help, of iemand wat jy kan manipuleer om dit vir jou te doen, so maak so, se die ander bloggers wat jy wil he en mense sal inspring en help.
    julle is nie verniet sulke bekende ouens nie.
    okay, so ek het nou genoeg gese net dat ek nie kan wag om al jou entries te lees nie, en ek vir almal wie my ken ook sal vertel van jou blog.
    Goed gaan 😛

  16. Dellie sê:

    Agteros kom ook mos in die kraal? Welkom, geniet dit!

  17. Patrick Holland sê:

    Hi Victor

    Hier een groet uit Nederland, hoop dat je dit kunt lezen.
    Heel veel succes op de world cup Als ik een kaartje kan kopen
    kom ik de Boks aanmoedigen

    In English

    Greetings from Holland, good luck at the world. If I am able to buy a ticket
    I will come and support the Boks.

    GO BOKS !!

    Your brothers from Holland back you !

  18. pieter sê:

    Ai ai ai….het jul nog nie agter gekom dat dit nie Victor Matfield is nie…maybe iemand met dieselfde naam, maar hierdie is defnitief nie die een wie jul dink dit is nie!!!! haahahhahahah

  19. I take pleasure in, result in I found exactly what I was looking for.
    You have ended my 4 day long hunt! God Bless you man. Have a great day.
    Bye

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: