My vriend Bakkies Botha

Hel!  Ek is so opgewonde oor hierdie blog-ding, ek kan omtrent nie ‘n oog toemaak nie!  Ek het besluit om my eerste EIE inskrywing aan my groot maat Bakkies op te dra.

Ek en Bakkies kom al ‘n lang pad saam (ek sal julle later meer daarvan vertel) en saam word ons gereken as die beste slotpaar in die hele wye wêreld.  Ek is van nature maar skaam en nederig, maar ek moet erken:  ek stem heelhartig saam!

Ek maak nogal baie staat op ou Bakkies.  Hy is nogal ‘n slim ou wat baie weet van baie dinge.  Hy’s ‘n plumber, jy weet.  Bakkies het my alles geleer van e-mail, en Google en internet en blog en baklei en meisies en sulke dinge.  En hy’s groot.  Hy is baie GROOOOT.  Niemand soek ooit met my kak nonsens as Bakkies naby is nie.  Nie dat elke Jan Rap en sy maat met my kak skoorsoek nie, maar jy weet wat ek bedoel.  As Bakkies naby is, is daar rus en vrede.

Ou Grootbul – hier inskrywing is spesiaal vir jou!  Ek hoop hierdie Wêreldbeker sal onthou word as die toernooi waar ek en jy vir eens en vir altyd vir almal gewys het waartoe ons in staat is.  Dankie vir alles, my ou groot maat!

Advertisements

4 Responses to My vriend Bakkies Botha

  1. Da Mario sê:

    Whahaha, het nou lekker gelag vir die ironie van daai “MY GEWILDHEID”-stat hier op jou blog. Wonder hoeveel beter dit sou lyk op Loftus? :mrgreen:

    By the way, gaan ons uitvind wie jy regtig is nadat die bokke verloor het?? 🙄

  2. mona sê:

    OK, so plumbers maak uitstekende buddies? hehe

    Ciao!
    Mona

  3. Tertius Bezuidenhout sê:

    VIc jy is die beste my vriend. Dit is n fantastiese blog. Gee nog so gou jy kan.

  4. Tertius Bezuidenhout sê:

    Bakkies my hero. Jinne soos ek hoor wat jy aanvang geniet geniet ej dit almeer. groete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: