Ierland

Hallo almal!

Ek kan nou nie eintlik sê ek is ‘n groot fan van Ierland nie. Die mense praat snaaks, die wind is yskoud, die bier is vuurwarm en die room service suig.

Gister toe ons hier land was daar so klein bietjie drama by die lughawe, maar behalwe vir dit dink ek die reëlings verloop sover seepglad. Ons het vanoggend so lui draffie gevat net om die vliegtuig-ry uit ons litte uit te kry. Galway is nogal nie ‘n lelike dorp nie – net bietjie outyds. Ons sal seker vanmiddag ‘n bietjie gaan litte losmaak op een of ander obskure rugbyveldjie.

Intussen het ek en Bakkies besluit om die nuus van my blog vanmiddag in die team room aan die res van die spelers en bestuur oor te dra. Ek wonder nogal wat hulle daaroor te sê gaan hê… John Smit sal seker weer ‘n bekvol hê – hy is altyd ‘n drol in die drinkwater. Moenie verbaas wees as daar binnekort ‘n blog vir hom ook êrens sy verskyning maak nie!

O ja, voor ek vergeet – ons speel Dinsdag teen Connacht. Dit is amper soos ‘n provinsiale span. Seker soos Namibië. Net provinsiaal. Maar nie soos die WP nie. Sterker. Maar ook nie soos die Bulls nie. Swakker. Amper iets soos Boland of die Valke of Griekwas. Bakkies reken ons behoort te wen. Hy sal weet, hy’s ‘n plumber.

Groete!

PS: Hier’s ‘n foto of twee van Galway. Mooi, maar nou nie juis my smaak nie… Ek verkies Pretoria, dankie!

galway_02.jpg

galway_01.jpg

Advertisements

4 Responses to Ierland

  1. Da Mario sê:

    Leke baie eende of ganse of swane of iets daar oppie water. Lyk nie na iets wat mens kan braai nie… Voorspoed met Kaptein John, en die game… 😀

  2. mona sê:

    “Maar nie soos die WP nie. Sterker.” pfft! Hoop John voel nie te bedreig deur jou blog nie.

    Bakkies, wees nou oulik en sit vir Vic ‘n kalender op sy blog – so kan ons makliker tussen die dae se comments spring. Groot asseblief?

    Lieflike week vir julle!
    Mona

  3. bitterbek sê:

    Hallo Victor

    Ek was nog altyd heimlik ‘n fan van jou. Dink jy’s baie seksie. Ag nee man, Gallway, Schmallway, Pretoria, Schmetoria – Die Kaap van Goeie Hoop is die plek!!!! Anyway, welkom tot die blogosfeer – sien uit na jou tostestoroon-oorlaaide inskrywings!

  4. wimpie sê:

    welkom in die afrikaanse blogosfeer ou maat, sterkte met die wereldbeker ek se al van laas jaar af julle gaan dit wen en ek stick by my guns…
    sal gereeld kom inloer, wees net getrou en probeer elke dag blog, dis die geheim van ‘n blog hy moet elke dag gedoen word, vra maar vir steve dis harde werk maar ek sien sommer jy kan.
    sterkte
    Wimpie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: