Jungle Justice!

Gedrop!

Asof Naas my self onder my gat geskop het! Jy’t reg gehoor – nie ek of Bakkies of die blêddie Nataller draf more-aand uit nie. Nee meneer! Ons vergaar splinters in ons boude.

Coach reken dit het te doen met ons dissipline. Bakkies reken ons moet iemand donner. Maar ek moet erken – meer blogtyd vir my!

So let maar op more-aand – my ge-sponsor-de laptoppie sal nooit vêr weg wees nie! Ek oorweeg ‘n minute-to-minute running commentary. Hoe lyk dit? Is julle in die mood vir die oomblik-tot-oomblik indrukke van ‘n regte Bok-kaptein oor ‘n wedstryd se verloop? Nie die bollie wat julle oor TV hoor nie!

Hier’s die span (tensy ‘n poefter of twee netnou seerkry by Captain’s):

1. G. Steenkamp
2. B. du Plessis
3. BJ Botha
4. J. Muller
5. A. vd Berg
6. W. van Heerden
7. TinkerBell
8. BobTong (darem een van die blog-komitee wat dit gemaak het…) (Kaptein) (haha!)
9. R. January
10. KleinGys
11. A. Willemse
12. B. James
13. J. Fourie
14. Odwa Ndungane
15. JP Petersen

WHATEVER! Bakkies reken ons word gerus om die Skotte die naweek te slag. Ek trust sy take on this, hy’s immers ‘n plumber, jy weet.

Advertisements

29 Responses to Jungle Justice!

  1. oopkop sê:

    Ek is bly jy en die plumber rus al is dit net vir ‘n rukkie. Beteken dit ou BobTong is nie van die selfde kalliber as jy en Bakkies Plumber Botha nie?

  2. Simon sê:

    Hi Victor, moerse cool idee. Ek het nog nie eers begin lees nie maar weet somer dit sal great wees om jou/julle so te kan volg. Kan nie wag nie.

    Simon … gaan nou als eers lees…

    P.S Post jy elke dag? En hoe laat omtrent?

  3. Da Mario sê:

    Fnok, ek hoop Jacques Fourie handle balle beter as in daai game teen Namibia….

    Net ‘n idee… oor daai poll-widget van jou. Verander die html-code op so wyse dat die vraag wat jy vra ook in daai widget verskyn. Dis easy… haal die “Take our poll”-deel uit en vervang dit met die vraag wat jy vra. Op daai wyse weet mense wat jy vra, en navigate nie onnodig weg van jou blog nie, plus as hulle die vraag nie like nie, stem hulle net eenvoudig nie, en as hulle die vraag like gaan hulle juis soontoe om te gaan stem. Die widget sal net dink dis deel van die normale html, jy sal nie die ding breek nie!

    Platste’tjie en Anja….
    Gaan julle weer die comments ‘Kaap’? 😀

  4. oopkop sê:

    Nie ons skuld as jy nie wil deelneem aan die gesprek nie Facebook Da. Jy’s welkom om ons in ons verveeldheid te join. 😉

  5. platterfuss sê:

    Da Mario …. ja wel…. wat sal ek nou hieroor sê…. Kan ons 2 nou help dat ons sulke vrugbare….. verbeeldings het? En dat ons so oulik is? En dat ons so skerp is?

    We R da Best!! Fokkie rugby!!!

    😀

  6. oopkop sê:

    Platterfuss – moet nooit ooit ooit na my en vrugbaar in dieselfde sin verwys nie. Ek’s banger vir daai woord as wat Victor vir die plumber is. 😉

  7. platterfuss sê:

    LOLOL! Nah, nie DAAI soort nie! Issie soort van intelligensie, verbeeldings…. creative….. al die MOOI dinge… nie die k@kdoeke en snotneuse dinge nie!!!!

    Ek wonder hoekom V so bang vir plumber is… dalk ‘n delikate verstoppingtjie erens wat oopge’blast’ was op ‘n stadium?

  8. oopkop sê:

    Ons sal seker nooit weet nie Platty.

    Ek sien eintlik nogals uit na die Wêreldbeker.

  9. platterfuss sê:

    oopkop, jy weet wat! As ons nou erg gatkruip by dié Victor… maybe reel hy dat ons ‘hom’ gaan ondersteun in Frankryk?

    Hehehe!!!

    Die rerige ene is suinig… maybe is die ene vrygewig?

  10. Platkuif sê:

    more…

    dalk kan mens hierdie blog gebruik om lekker rugby te praat…al is dit nou nie heeltemal die ware jacob se speelplek nie…

    anyhow,behoort ‘n beter game vanaand te wees as die getjommel teen die biltongboere laasweek (ja ons het ver gewen, maar die laaities was useless en dit was eintlik meer ‘n ego trip en ‘n geboelie as iets anders…)

    Persoonlik hoop ek om vanaand te sien hoe…

    die backline bietjie flair en finesse toon…feit is, ons het bitter lanklaas enige opwinding en ‘moves’ in die bokke se agterlyn gesien…

    sal interessant wees om te sien hoe Butch en Ruan Pienaar uit posisie vertoon…persoonlik dink ek Butch sal ‘n goeie binnesenter maak, met Jean buite hom en Jaques en Habana die vleuels.

    Wil sien of Andre heel en reg en gesond is…as daar een groot kopseer in die groep is, dan is dit oor daai n ommer 10 trui…ons gaan nog laaaaaaaang trane huil omdat Liefling en De Waal en Grant almal by die huis gelos is

    Sal graag wil sien of Wikus van sy knieg operasie herstel het, ons gaan hom nog broodnodig kry later in die toernooi

    En dan laaste, wil kyk hoe goed ‘n vinniger’ Ndugane is…blykbaar het hy intensief aan ‘n spoedprogram gewerk die laaste twe maande…sal wil sien of dit gewerk het. Sommer kyk of dit hom gehelp het om nou te kaN tackle en te kan bolls vang ook…hy het nog altyd die hart van ‘n leeu gehad,net jammer hy fight soos ‘n donkie…sy boet (Odwa) en selfs Breyten Paulse en Ludick van die Leeus sou ‘n beter roep gewees het…maar nou ja.

    geniet die game vanaand mense

    groete
    p

  11. Boegie sê:

    Vannaand gaan die Connachts tande sny, tande sny ja
    Vannaand gaan die Connachts tande sny
    Daar’s ‘n baba en hy’s bang
    In die middel van die skrum
    Ja, vanaand gaan die Connachts tande sny, tande sny

  12. Da Mario sê:

    Ek kan ook nie verstaan hoekom Derick by die huis is nie…. 😥

  13. Da Mario sê:

    Whahaha, like die keuses op jou poll!! 😆

  14. oopkop sê:

    Wie speel vanaand? Gaan ons die game kyk Facebook Da?

  15. Platkuif sê:

    ja daai poll is oulik…dit breek net my hart dat jy so ‘lelik’ is met my ‘Fake Victor’…jy is reg, Fok Platkuif, hy speel nie mooi nie…kon nie anders as om vir myself te stem nie :-)…but, hopefully all in good sport. Anyhow,soos ek vanoggend geskribbel het, ek dink die blog kan net die plek word waar ons die volgende maand of twee ruggas kan gesels…natuurlik net as ek elkeen subjektief en met oogklappe sal deelneem en komentaar lewer 😉

    ekself gaan (teen my wil) saam met my boet,Vonkeldoos , na die games kyk teen Samoa en Engeland…behoort heel entertaining te wees…kan maar net hoop die Bokke perform en maak die trippie die moeite werd

    p

    score vanaand 38 -19 vir die Bokke se B-span…ander voorspellings?

  16. Da Mario sê:

    Anja, as hulle die rugby wys kan ons dit kyk ja, ek weet net nie hoe laat dit is nie. En dan begin ons party en sing!
    Platkuif, ek het ook lekker gelag vir daai “Fok Platkuif” opsie…. whahahahaha!! Ten minste het ou Victor ‘n sin vir humor! Maar dan reken ek ook, met Bakkies langs mens kan jy enige iets kwytraak…. 😆

  17. Boegie sê:

    Platkuif, my voorspelling is Bokke 155 – Connacht 3
    Ek wil he daai rekordboeke moet nou behoorlik herskryf word.

  18. Platkuif sê:

    rugby op een van die SS kanale…dink dit begin 20:30…Boegie as die bokke meer as 50 kry,dan soen ek jou oopmond suster…hierdie Ierse team is nie Suidwes nie

  19. Boegie sê:

    Ja, hulle het ook ‘n Suid-Afrikaner, Brett Wilkinson in hul span. Maar Habanna gaan so bietjie op die veld kom en ‘n paar driee druk. Hierdie is glad nie ons B span nie. Ons B span het in die 3 nasies gespeel. Hierdie is ons A- span.

  20. Platkuif sê:

    jean de villiers, habana, percy,fourie du preez,john,juan ,schalk burger,matfield,bakkies,os,cj,steyn…11 van ons eerste keuses speel nie…die is ons B-span,met een of twee A-span ouens wat die ‘gaps’ toemaak en op die bank sit vanaand.die A-span speel nou Saterdag teen Scotland in die laaste opwarmings game (‘n volwaardige toets en dit gaan nie maklik wees nie -voorspelling:Bokkie wen met so 12-15 punte)…daarna speel dieselfde team (a-span) teen Samoa en Engeland in die World Cup se eerste twee games (obviously sal beserings ‘n rol speel)…die B-span van vanaand is dan eers weer in aksie in die laaste twee games van die uitdun rondtes (teen USA en Tonga).

  21. Boegie sê:

    Ek noem hulle ons A minus span omdat die koerante, die All Black en die Ausies so ‘n bohaai opgeskop het en ons wou skors. Dankie vir die uitwysing oor hoe die spanne gaan speel.

  22. Bok sê:

    Hoop net hierdie donners met die absurde en belaglike idee om van die Springbok embleem ontslae te raak , kom tot hul sinne – anders sal dit vir my persoonlik n laaste en baie emosionele worldcup wees.

  23. Eben sê:

    Platkuif …. my telling Bokke 42 – 25

    Maarrrrrrrrrrrrrrrrr wat gebeur as die Ierse span ons die tyd van onse lewe gee, en daar verloor onse A- span. Gaan daar nie druk op die manne wees?

    Die nr 10 Trui glo ek laat Jake slaaplose nagte rondrol, maar het hy nie 4 jr gehad om die regte ou groot te maak nie? Of gaan die houding van “… Springbok trui nie goedkoop” nie in sy gesig ontplof. Onthou Jake worry nie, hy kry elkgeval sy pay en is weg na die wereld beker, so een van die min afrigters wat nie gefire is nie.

    Butch se disipline gaan groot rol speel in die game en ek twyfel of Andre reg is. Nou as hy reg is, en word hard getackel wat dan? En is hy wedstryd fiks?? Oeps!!!

    Nee wat, bring Liefling of De-Waal vinnig nader. Morné Steyn?

    Eben

  24. Boegie sê:

    Bok, ek berei my maar voor vir die heel laaste Springbok rugby. Kyk nou net wat gebeur met die krieket. Ons verloor ons grootste krieket en rugby helde.

    Volgende gaan hulle seker ons biltong en braaivleis ook van ons wegneem.

  25. Eben sê:

    Boegie daar mee gaan hulle sukkel, glo my!!!

    Eben

  26. Suidwester sê:

    Gee bietjie die Biltongboere n break, hulle word nie betaal om rugby te speel nie, ek dink hulle het heel goed gespeel. Bokke moet eintlik k@K voel dat hulle nie verder gewen het nie.

  27. Platkuif sê:

    Ek sal enige dag vir Morne Steyn in my match 22 sit…daar is nie ‘n beter impak kombinasie loskakel/binne senter in die land nie.daai mannetjie moes al lankal Bok gewees het…ander probleem natuurlik met Jake se huidige groepie…as Percy of Andre seerkry (of nog heeltyd beseer is0….of altwee het ons ‘n ‘skop’ probleem…onthou steyntjie,ruan en butch is almal ‘part time’ stelskoppers…

    Eben,heel realistiese score daai…

  28. platterfuss sê:

    (sug)

  29. Platkuif sê:

    stem Suidwester, as mens kyk na die voorbereiding van die Bokke en al die mense en geld betrokke,dan het mens so bietjie meer verwag…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: