Connacht vs Ons

Goeienaand hier van die Sportsgrounds in Galway! Wat ‘n verkakte ou stadiontjie!

2de minuut: Ons kry ‘n strafskop reg voor die pale, en Butch klits die bal oor vir drie punte.

Bismarck speel soos ‘n besetene! Ek hoop die coach en Smal Gert sien dit raak, dan kan ons dalk van ou hinke-pinke ontslae raak…

5de minuut: Ricky jaag tweekeer kak aan!

6de minuut: Guthro hardloop soos ‘n senter! Amper daar, Waylon!

8ste minuut: Butch pass ‘n mooi een vir Connacht, en almal moet scramble… Fok!

13de minuut: Ek wil liewer nie sê wat ek dink van ‘n donnerse vleuel wat vassteek nie…

…. Gaaaaap….

19de minuut: Wonderlik! Bottervingers op die doellyn…

En ‘n strafskop, nadat ons hulle mal geskrum het…

Dit wil my voorkom my honderd Pond het Red Bull gedrink…

OK, in all fairness – hierdie span van ons speel lekker kak! Laerskool Frankfort se O/13B netbalspan is meer opwindend…

Wat ‘n getjommel… Ek gaan ‘n bietjie versterkwater soek…

37ste minuut: Ek’s terug – kon darem ‘n whiskey in die hande kry. BobTong het so pas ‘n goeie pass gedrop… Ai…

Halftyd. Goddank. Telling: ‘n briljante 0 – 3 Briljant omdat ons darem drie het…

* * * * * * * * * *

44ste minuut: Uiteindelik! Willemse druk ‘n ou drietjie, en Butch korrel cock-eye. Telling: 0 – 8

50ste minuut: Bismarck sit hulle skrumskakel se water en ligte af, en wen vir homself ‘n geelkaart.

56ste minuut: Butch korrel pale toe met ‘n strafskop… Ek dink hy het sy tokse verkeerd-om aan! MIS! Alweer!

63ste minuut: Connacht kry ‘n strafskop voor die pale, en hulle kan korrel… Telling 3 – 8

67ste minuut: Jacques Cronjé druk ‘n drie onder die pale en Butch kry uiteindelik weer ‘n bal tussen die mikke deur. Telling 3 – 15

70ste minuut: Ons kry ‘n strafskop en André mik pale toe. Telling 3 – 18

73ste minuut: Nog so bietjie “how’s-your-mother” stuff. Niks wat bloed trek nie…

Eindfluitjie!  What a train smash!  Meer versterkwater…

Advertisements

6 Responses to Connacht vs Ons

  1. Eben sê:

    Liewe vader wat ‘n getommel!! Ek maak my reg vir ‘n groto telling onder die 50 ….. Verstik amper in my prawns wat ek eet oor Ashwin Willemse se vassteek ….. Wat gaan met die verdomde man aan.

    My eerste indruk is dat hy en Pietesen nie op die vlak goedgenoeg is. Goed om te sien Pretorius is okay, maar wedstryd fiks? My beskeie vraag … hoekom het Jake nie die sterkste span laat speel, om sodoende te verseker dat die manne reg is.

    Eben

  2. Edwin sê:

    Hel,

    Dit was nou nie n lekker game om te kyk nie, bonop was die “tiepiese” klub rugby televiesie uisending nie op internasionale standaard nie. Ek het amper gedink Bismard het die klein “kevin Put” behoorlik raak geslaan…! Baie gelukkig!

    Die Bokkie was weer hulle ou self sonder behoorlike strukture en vases. Ek hou van n nr 9 wat kan besluit waneer om die bal vinnig en stadig tek kan maak, soos JP Joubert (bulle).

    Victor, was die manne gese daar is nog plek vir die Samua game, want almal het weer die indevuslusme gogga gewys.

    Pienaar het gewys daar is iets spesiaals, maar ASB nie 2 weke voor n RWC. Jake moes dit getoets het voor 3 nasies!

    Miskien moet ons Ashwell okk stuur vir n bietjie spoed oefening soos met Akona.

    Butch moet sy 50/50 passes probeer regkry, n Carter of Gittau sal ons laat betaal vir 50/50 passes.

    Gorete,

    Edwin

  3. Bok sê:

    Eishh

    Net bly ons het nie Skotland gisteraand gespeel nie.Moet maar Saterdag sterkste moontlike span kies . . . . en vir Bakkies begin weghou van sy kombuis sessies.Ek as n stoere Stormers supporter het nooit gedink ek gaan dit uiter nie , maar selfs ek begin nou daardie bleddie Nataller mis!!

  4. Eddie sê:

    Eben, ek lees van jou prawns eet. Ek wou iets maak maar het voor halftyd gaan slaap.
    Lyk my dit was toe maar `n slaaptyd storie !

  5. Dellie sê:

    So bly ek het nie gekyk nie, die blow-by-blow is erg genoeg!

  6. Shellie sê:

    Het julle halftyd gesien hoe vies is ou Naas vir die hele lot? Ek het sommer begin lag oorlat hy so vies is – het ongelukkig nie die comments na die game gehoor nie maar dit lyk my almal dink ons kon baie beter gespeel het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: