Jou whiskey kom in ‘n Boks!

Dis altyd lekker om van ‘n vliegtuig af te klim, die aankomssaal van die lughawe in te stap en duisende ondersteuners te groet! Dit maak rugby die moeite werd! Regtig! Tot vandag…

Dit is die verwelkoming wat ons gekry het. Ou Bakkies het sommer dekking geslaan net daar in die lughawe! Hy sê hy was bang vir ‘n sielkundige kopskoot! Onsin, sê ek jou! Maar ek sal nie met hom stry oor goeters soos sielkunde en kopskote nie – hy’s’n plumber, hy behoort te weet. Ek het net daarna gegluur en nogal soos ‘n “Boks” gevoel. Donners…

Maar die whiskey-drinkers van Glasgow is lus vir ons, dis ‘n feit soos ‘n bloeiende Springbok-ram. Die blêddie Nataller het maar redelik bleek gelyk toe hy die groot advertensiebord sien, wat my baie goed pas. Die Bokke het Saterdag ‘n man van staal nodig – ek sal voor opdraf!

Die atmosfeer hier in die kamp is maar nog redelik dik, so ek sal nie vanaand te veel sê nie. Een ding kan julle maar weet: ons SAL reg wees Saterdag. Gister was ‘n moewiese glips – belowe! Ons sal regmaak!

Over an’ out!

Captain Vic

PS: Baie dankie aan al ons gereelde blogbesoekers, sowel as almal wat so gereeld kommentaar los. Uit die aard van my werk as internasionale rugbyheld is dit vir my moeilik om een en elkeen te antwoord, maar ek lees alles en die blogkomitee waardeer julle insette en ondersteuning.

PPS: BobTong sê sorry oor gisteraand. Dit was ‘n oeps, sê hy.

PPPS: ‘n Spesiale woordjie van dank aan Platkop – ons grootste vyand het ons grootste vriend geraak. En daai siek fok Boegie. Mwah!

Advertisements

17 Responses to Jou whiskey kom in ‘n Boks!

  1. Edwin sê:

    Vic en die manne,

    Ons weet julle sal saterdag regmaak!
    Ons almal weet ook julle het die potesiaal om nie net RWC2007 te wen nie, maar hom sommer ook op sy kop tedraai en die IRB ranglys soos hekkies tespring tot bo op nr 1 in n moerese rekord tyd!

    Jislaaik, ek kan nie wag nie!

    PS: Se vir die nataller waneer hulle daai William beker op die 20st Oktober vir hom oorhandig, dat dit nie net vir hom is nie maar vir die hele SA en die span!

  2. Die Bokke gaan Saterdag hulle gatte sien, met jou of die Nataller aan die voorpunt.

  3. Boegie sê:

    Hi Vic

    Sorry die siek vok het ‘n plumer nodig!

  4. Boegie sê:

    .
    .
    .

    .
    .
    .
    .
    .
    .
    ..


    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .

    .
    .

    ..
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .

    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    ..

    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    ..

    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    ..
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .
    .

  5. Helen sê:

    Sorg dat julle die Skotte se wiskey voorraad klaar maak , dan sien jy hoe huil hulle!!!

  6. Platkuif sê:

    dag Vic…

    Goed om te sien dat daae ‘n bietjie van ‘n ‘wake up call/terug na reality’ plaasgevind het.

    Daai Skotte is ‘n lelike team…’n oppurtunistiese klomp…watch die flanke en die agterste driehoek…glibberig,glad en daar is baie ball sense tussen die manne.

    ‘n Tip…of twee…
    -pretorius lyk heel en reg en verbasend skerp…fluister in white se oor dat hy start op 10, los vir butch op die bench
    -kyk of julle ‘n plan kan maak om petersen en willemse per abuis en baie aspris op ‘n klontiki toer deur europa kan stuur vir nou en die res van die campaign…hulle gaan julle nog baie punte kos
    -sit vir steyntjie op vleuel saterdag…en as dinge dalk lol in die middeveld met balverspreiding en flair tussen blondie en jacque…dan gee jy opdrag dat fourie die bal ELKE keer wat julle in die skotse helfte is, vir petoors of steyn of percival pass en hulle dan try en drop…Eventueel sal daai blitsige flanke en scrumhalf van die skotte nie meer weet wie om op af te storm nie…Plus,julle bly in hulle halve en enige skepskoppe wat julle mis en hulle terugskop,gee onmiddelik weer vir julle die besit…try bietjie die plan (en as die nataller moan, laat bakkies en ‘tinkerbell’ gou ‘n interne ondersoek in een van die losskrums loods en hom sommer daar uitsort…dit sal natuurlik die weg baan vir Gary om op te kom en dit sal in almal se belang wees)
    ps.op daai nat,swaar velde in france sal bogenoemde plan ook goed werk…persoonlik dink ek dit is die enigste manier om die souties in daai vital groep game op 14/9 te troef…dink daaroor.
    -Bobby is nie fiks/herstel van sy eina nie…volg so bietjie op.
    -as julle enige sekuriteitsprobleme met die massas ondervind, onthou julle kan enige tyd op Poen Deelman se knoppie druk…as oud-bouncer en vermaaklikheidskunstenaar-oppasser in die weste van pretoria en die hermanstad metropaal ,het Poen verskeie selverdedigingstegnieke bemeester…hy help graag.Alternatiewelik, as julle enige moeilikheid optel (op die veld,langs die veld of in die publiek),onthou mooipraat help nie…moer eers en vra dan vrae…en belangrik,daai eerste hou is die belangrikste…maak hom tel.

    maak ons trots manne
    p

  7. Platkuif, hulle gaan nogsteeds verloor.

  8. Boegie sê:

    4prometheus, as hierdie span Saterdag verloor, kom dans ek kaal enige plek wat jy noem:

    15 Percy Montgomery (86)
    14 JP Pietersen (7)
    13 Jaque Fourie (30)
    12 Francois Steyn (8)
    11 Bryan Habana (27)
    10 Butch James (19)
    9 Fourie du Preez (31)
    8 Danie Rossouw (24)
    7 Juan Smith (33)
    6 Schalk Burger (32)
    5 Victor Matfield (59) (C)
    4 Bakkies Botha (36)
    3 CJ van der Linde (40)
    2 Gary Botha (10)
    1 Os du Randt (73)

  9. karmike sê:

    Hallo Victor

    Ai ou Bakkies laat altyd ‘n glimlag op my “bakkies” lekker speel saterdag ons hou duim vas wat daai Nataller aanbetref plak ‘n rooi sticker op sy hamstring wat seer is hy sal nie weer vergeet nie!

    Groete

  10. Sportmal Kapenaar sê:

    More, het sopas die een in die mail gekry, dink julle sal dit geniet.
    Gee die Skotte Carrots en sterkte vir die laaste voorbereiding, ook hoogtyd dat jy die Kaptein is geluk ou grote, vat die reime vas en dryf die wa na die beker.

    Van der Merwe in London

    Van goes to London to watch the Boks take on the Poms at Twikenham.

    Whilst in London, he walks around, gaping and staring at everything. So
    much so that he walks smack bang into a fire hydrant which hits him so hard

    on the family jewels that they burst.

    He gets rushed to hospital where the doctors tell him they have to remove
    his testicles.

    Van goes beserk: he bites and snarls at every one and he won’t let anybody
    within 10 metres of him.

    Eventually they find a South African doctor in the hospital and get him to
    talk to Van.

    He walks up to Van and tells him “Hey Van, die ouens moet jou knaters
    uithaal.”

    Van replies “O, okay, ek dog die bliksems wil my testtickets vat.”

  11. Koeksuster sê:

    Ons hou ons brannas in ons regter hande en duimvas met die linker hande, maar met Boegie se span op die veld (met of soner die Nataller) is daar nie n kans dat ons sal verloor nie.

    Gee hulle horings boys
    R

  12. Tertius Bezuidenhout sê:

    Hi Vic & Bakkies

    Ek het jou blog raakgeloop en dit dadelik aan my Krulletjie oorgedra. Dem dis n goeie blog. Ek kan ou Bakkies voorstel soos jy hom beskryf.

    Nouja voorspoed en gee ons die feite.

    groete

  13. Eben sê:

    Koeksuster, maar ek is weer links tel dit??

    Boegie, ek boek jou eerste om te kom dans na Saterdag.

    Kom oor die grens van Komatipoort se kant, ry so 80km en jy kom Matola in, By die eerste robort draai regs (Boane pad) ry so 800mt en vind eerste pad na Links, so 50 Mt draai weer Regs en hou aan tot hy Vaquita Gaste Huis sien aan jou Regterkant!!

    Sien jou daar …… (Koeksuster jy kan saam kom om foto’s te teen vir die blog!)

  14. Platkuif sê:

    ander score voorspellings vir die naweek??

  15. Eben sê:

    Joeeee Platkuif ….

    As ek Boegie wil sien dans ….. Bokke 18 Skotland 25
    As ek Boegie NIE wil sien dans …. Bokke 32 Skotland 13

    Kyk dit hang van die veld af, en is daar reen al-dan-nie.

    Lekker naweek

  16. Eben sê:

    Victor,

    Wat van ons hou so score hier die blog. As die iemand reg voorspel dan wen hy iets. Kan ons nie iewers ‘n borg kry, en hy adverteer verniet hier. Al is dit ‘n Koolbag of iets

    Dankie daaroor

  17. hei, hoekom word ek nie met ‘n PPPPS bedank nie? unfair!

    /me huil krokodiltrane

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: