Soos dood in die familie…

Psst.  Psssssstttt!!  Ek wil nie te hard praat nie, netnou hoor iemand my.  Sit bietjie nader…

Daar’s hy, dis beter.  Dit gaan maar swartgallig vandag in hierdie Bok-kamp, hoor.  Amper asof iemand dood is.  Soos wat die ouens gisteraand gespeel het, vermoed ek daar is dalk meer as een dood, hulle weier nog net om amptelik om te kap.

Oor gisteraand se wedstryd gaan ek nie veel meer sê nie – enigiemand wat in sy lewe nog net twee wedstryde gesien het (gisteraand s’n ingesluit), sal weet dat gisteraand se poging ‘n voorbeeld was van hoe dit nie gedoen moet word nie.  Maar dit kan ek julle vertel:  die mood was besonder somber in die kleedkamer en by die onthaal.

Arme Bakkies het selfs ‘n traan gestort.  En later by die onthaal het hy lusteloos aan ‘n Pepsi gesuig en net een bord toebies verorber.  Erg vir ‘n ou wat net twee keer opskep as hy nie honger is nie.  Tot dok Henning, ons kopdokter, was gisteraand sprakeloos.  Hy het net heeltyd sy kop geskud asof ‘n paar muggies hom pla.

Coach en Smal Gert het vir die hele wêreld vertel dis nie ‘n train smash nie, maar ek het later by die hotel gehoor hoe troos Smal Gert vir Coach.  Coach het verskriklik gehuil.  Sjym, my hart was sommer seer vir sy part ook.

Die onthaal was ook maar ‘n triestige affêre.  Gewoonlik gee ons vir die opponente ‘n gemonteerde Springbok-kop as hulle gewen het.  Gisteraand het ons dit uit skaamte sommer pasella weggegee.  Teen twaalf-uur was almal in die bed gewees, selfs die youngsters in die span.  Nie eens die alewige groupies het in die outjies belang gestel nie.  Hulle het soos vlieë rondom die manne van Connaght gedraai…  Nie eens Percy het ‘n onwelvoeglike aanbod gekry nie.  Ek wonder of sy lip lank is dáároor, of oor die vertoning van sy spanmaats.

Ons sal seker maar êrens ‘n goeie kopwas kry – en soos gewoonlik sal almal deurloop, nie net die vleuel wat vassteek of die senter wat dwars hardloop of die haker wat skeef ingooi of die haker wat baklei of die flank wat oor sy eie voete val of die losskakel/senter wat soos sy alie pale toe skop of die heelagter wat meer sideshows as Paris Hilton het of die blêddie Nataller wat die verkeerde hamstring vashou of…  Genoeg.

Ek wens net ons kan nou van hierdie klip af wegkom.  Skotland wag.  En ek dink hulle sit en wring heimlik hulle hande in afwagting.  Lanklaas was die Bok so gekwes…  Bakkies reken die outjies van Connaght het ons ‘n pensskoot geskiet, en die Skotte is bobbejane wat ons derms sal wil uitryg.  Hy behoort te weet, synde dat hy ‘n plumber is…

10 Responses to Soos dood in die familie…

  1. Platkuif sê:

    goed geskryf vic…kan maar net hoop dat ons A-team reg en ready is om ‘n comeback te maak Saterdag teen die Skotte…MAAR moet nou nie weer dieselfde fout maak as die Ierse team so week of twee gelede nie…die Skotte is ‘n ernstige span, hulle gaan julle seermaak as julle nie die game doodernstig en klinies benader nie.pasop.

    ten minste het ons uit gister se game geleer dat…
    wikus gesond en honger en terug is…dankie tog
    dat pretorius herstel het,maar steeds nie kan tackle nie
    dat ruan ‘n beter scrumhalf as losskakel is
    dat ndugane se hart nog steeds groot is,maar dat hy steeds krap stadig is
    dat willemse nie die speler van 2003 meer is nie…en dit is jammer
    dat petersen se hande en voete hom nog baie in die steek gaan laat
    dat albert van den berg ‘n n passasier gaan wees en bly in die world cup
    dat bismark die hart van ‘n leeu het, maar nog nie al die truuks van internasional rugby ken nie
    dat bobbie ‘n goeie kaptein is,maar steeds te los speel

    Sterkte en ons sien uit na ‘n beter,eerlike effort die naweek
    p

  2. Boegie sê:

    Ja, toe val ek heeltemal uit die bus met my groot telling. Ek bel toe vir Jake en vra wat die hel gaan aan. Hy se toe hy sal my ‘n geheim vertel maar ek moet vir niemand se nie. OK, se ek (die All Blacks kan mos nie hier kom Afrikaans lees nie.)

    Hy se toe dat hy vir die span gese het om so kak as moontlik te speel, om beserings te vermy en te sorg dat hulle tog wen. Hy wil nie dat die All Blacks dink ons is ‘n groot forse om mee te reken nie. Dan lag hulle ons af en kyk nie eens na die videos nie.

  3. kroek sê:

    fake, jy is nie matfield nie

  4. platterfuss sê:

    ag donner kroek… jy’s seriously gestremd!!! Almal weet dit…. maar at least is dit fun, en ‘n sin vir humor benodig as jy hier wil rond comment!

  5. oopkop sê:

    Kroek, jy moes ‘n rocket scientist of ‘n plumber geword het soos Bakkies.

  6. Platkuif sê:

    en die score Saterdag Boegie? Jy is al klaar ‘n oopmond soen agter 🙂 Double or nothing? (my voorspelling: Bokke 27 Skotte 18)

    kroek,welkom…en dankie 😉

    ps.onthou as julle stem, om vir my te stem…asb

  7. Boegie sê:

    Ja, my score, Bokke 36 – Skotte 16
    Man van die wedstryd – Andre Pretorius, as hy nie speel nie dan kies ek maar vir Victor Matfield.

  8. Boegie sê:

    O liewe Bobby
    Ek bel jou maar jy tel nie oppie
    Nou skryf ek maar my naam is Doppie
    Ek bly in Darling dis ‘n dorpie

    O liewe Bobby
    Die Bokke sal ons mos nie droppie
    Ek bel jou maar jy tel nie oppie
    Nou skryf ek maar my naam is Doppie

    My pel speel rugby vir die sesde span
    Hy hardloop baie vinnig maar hy’s moerse bang
    Vra vir Pieter want sy bene’s lank
    Hoe maak my pellie

    Hy sien hy soek ok eendag plek in die Springbokspan
    Hy vat ook sy tyd en sy drank soos ‘n man
    Hy doen 20 lengtes in die plaas se dam
    Hoe maak my pellie

  9. Boegie sê:

    Geelkaart gee hom ‘n geelkaart
    Hy byt my oor raak en trek my baard (draad)

    Geelkaart, ek hoor hom vuilpraat
    Elke keer’s die skrum sak, se hy vir my

    Bokkie – I think I lurv you
    And if it’s all the same
    Wat doen jy, after the game

    Haaai! geelkaart, gee hom ‘n geelkaart
    Hy trek my hare en maak my kwaad

    Geelkaart, ek wil hom dagvaar
    Want hy’s ‘n wreedaard. Hy vat my laat

  10. Dellie sê:

    Jy’s baie kreatief! Ek geniet elke oomblik! Nou leer ek sommer rugby EN spelers ken! hehe

Lewer kommentaar op Platkuif Kanselleer antwoord