More se game, bloggers, kompetisie en brandewyn

Phew!

Dit was nogal ‘n uitmergelende paar dae, en ek, Bakkies en BobTong vra nederig omverskoning vir ons afwesigheid in die blogosfeer. Ek glo julle sal verstaan: daar’s ‘n oorlog ophande!

Soos almal in die rugbywêreld seker reeds weet, het Coach, Smal Gert, Allister, oom Oregan, prez Thabo, Generaal de la Rey, Steve Hofmeyr, David Kramer, Patricia de Lille, Jan Publiek, en almal wat ‘n sê het, besluit ek is net die man wat die Springbokke se poging om hul trots in ere te herstel, moet lei. Verwys dus voortaan na my as Captain Vic!

Na Dinsdag se orgie is ek vasbeslote om juis dit te doen! Ek het die hele week bestee aan die bestudering van video’s, dik geskrifte oor leierskap, motiveringspraatjies en al daai geleerde dinge. Bakkies het my nogal baie gehelp, want as ‘n plumber verstaan hy die meeste van die goeters.

Aan die einde van alles het ek egter besluit: Te hel daarmee! Al wat ons moet doen, is om Saterdag uit te draf, Nkozi uit volle bors te sing, en die Skotse whiskey-baba(la)s dan met 80 minute se egte Suid-Afrikaanse rugby op te dons! So maklik soos dit! Hulle moet klippe kou en verlang na die dae toe hulle dwangarbeid verrig het in hulle Walliese nefies se steenkoolmyne.

Ek gaan nie veel sê oor ons voorbereiding die laaste paar dae nie (hier’s Skotte wat Afrikaans verstaan), maar een ding is seker: Saterdag gaan nie Dinsdag wees nie – meer iets soos Donderdag!

Ek en Bakkies het besluit om ons bloggerol ‘n bietjie op te dateer, so teen Sondag sal almal wat van heinde en verre hier aankom, kan sien wie se blogs ons die afgelope tyd gelees het. Ek moet sê ek verkies die blogs wat ‘n Bloubul-logo vertoon, maar Bakkies sê ons is ‘n demokrasie, en almal moet gelyke behandeling kry. Plumbers is nie altyd so slim soos wat ek gedink het nie…

Een van my aanhangers, Eben, het voorgestel ons hou ‘n rugbyraai van soorte hier, met sponsors wat vir ons pryse borg vir die persoon wat die naaste aan reg is. BobTong het gesê hy dink dit is ‘n wonderlike idee. Hy is egter gekant daarteen dat ons mouterkarre as pryse weggee. Hy is bang ‘n Kapenaar wen en gly dan van die pad af as die weer sleg is. Hy wil nie ander ouens se kniebeserings op sy gewete hê nie, sê hy. Ek en Bakkies stem saam!

Ek het toe in my hoedanigheid as Springbok-kaptein en verteenwoordiger van die Springboknasie ‘n versoek gerig aan ‘n gewilde ontspanningsdrankie-vervaardiger in Suid-Afrika om gepaste pryse vir ons kompetisie te borg. Ek wag met groot oë om te sien wat hulle terugvoer sal wees. Knoop julle duime – dalk wen julle ougat hampers of Bokse vol van die ontspanningsdrankie! Ek gaan nie nou al sê wie die sponsor is wat ek genader het nie, want netnou het hulle nie ‘n sin vir sports en nasiebou nie, en dan stel ek julle almal teleur. Dan sal ek maar weer verder moet soek. Maar dit belowe ek julle: voor die Wêreldbeker sal ons ‘n sponsor hê, al moet ek self die pryse koop. Ek sal net eers ‘n klein increase op my sakgeld met vroulief moet beding. Dalk moet ek die ouens van SARPA vra om namens my te onderhandel… Vrouens kan moeilik wees…

Intussen moedig ek julle almal aan om more soveel as moontlik van die Springbokke se gunsteling ontspanningsdrankie te geniet, moerse groot braaivleisvure te maak, vragte biltong te eet, en berge vleis te braai. Alles binne perke en verantwoordelik natuurlik! Ons sal julle more rede gee daarvoor! O ja – sal iemand asseblief net die ligte in Natal en die Kaap aansit en vir hulle verduidelik hoe lyk vleisbraai? Dan kan die hele land dit mos saam geniet. En moet nooit weer sê die Springbok-kaptein is nie betrokke by die opheffing van agtergeblewenes nie!

Groete hier vanaf die Queen se Klip!

Captain Vic(torious)!

PS: Die blêddie Nataller is maar redelik suur – hy hou nou glads al altwee hamstrings vas! Bakkies sê hy dink dis ‘n boudsplinter wat ontsteek het en nou infeksie in altwee sy hamstrings pleeg. ‘n Ou wat so baie op die bank sit is geneig om splinterboude en stywe hêmmies te kry, sê Bakkies. Hy behoort te weet, want plumbers is amper soos dokters.

“Sjym” is al wat ek kon sê – ek is te gefokus op more om oor die ex-captain te worry…

PPS: Ek sien op Steve se spoegblok hy het ook al ‘n draai hier gemaak. Wat het julle verwag? Hy’s die derde grootste Bloubul-ondersteuner in die wêreld! Ek dink net dis hoogtyd dat hy nou ‘n oulike liedjie oor my ook sing… Selfs BobTong het al ‘n liedjie! Ek dink tog my kanse vir ‘n liedjie is groter as die blêddie Nataller s’n!

PPPS: As jy dalk ‘n grootkop is by een of ander maatskappy wat vir ons lesers lekker pryse wil borg: my e-mail adres verskyn hier êrens. Bakkies sê hy sal jou persoonlik bedank deur more ‘n Skot of twee op te dons. Ai, plumbers darem…

Advertisements

14 Responses to More se game, bloggers, kompetisie en brandewyn

  1. Sportmal Kapenaar sê:

    Captain Vic,

    Sterkte vir vandag, ek lees oral die Skotte is lus vir ons, maar uit jou oortuiging op die blog sien ek julle het palnne met die Wipski manne.

    Ons Kapenaars is nie so ver agter julle nie en vorm darem nog deel van ZA.
    Goeie nuus, die ligte is aan danksy Koeberg met moer en al…….
    Ons sukkel hier indie WP op die oomblik, maar Rassie se waneer hy sy flikkers gaan gooi gaan die honde Heyl………..ek dink hy soek nog na die gat in diie dak.

    Ek sien die Wellington en reen het nou die dag die Cheetas amper hulle gat laat sien – met appologie aan jou prospektiewe borg natuurlik???

    Nou ja hier in die Kaap slaap die mense nog, dis net die skoolseuns wat al teen die tyd rugby jol op nat rubyvelde en hulle pa’s soos ek wat al wakker is.

    Ek moet se die outjies kyk op na julle, so maak hulle trots manne.

    Kaptein, ons vure sal brand vanaand, ons sal jou prospektiewe borg ondesteun en al wat julle moet doen is om VICTORIUS uit die stryd te tree.

    Captain Victor for Victory! ! !

    Stuur groete aan Bakkies, maar hy weet seker al ons hou duim vas, hy is mos ‘n plumber, hy weet alles.

    Die Sportmal KAAPENAAR

  2. Voorspoed maats, mag vanmiddag besonders goed afloop!! Klap julle so paar Skotte, ek sal al die ekstra girlies wat nou in pubs rondhang besig hou… :mrgreen:
    En dalk as julle wen, is hulle meer gemoedelik om van hulle kleertjies ontslae te raak en saam fees te vier… 😉

  3. Baie geluk met die oorwinning!! Nice eerste helfte, jammer julle het uit die bus gebliksem in die tweede helfte. Probeer bietjie 80 minute rugby speel okay, julle word per slot van sake betaal om 80 minute lank te speel nie waar nie…. 🙄

  4. err…dis nie matfield nie, dude.

  5. Ja US Dude, meeste weet en speel net saam. Die PR mense van die bokke moet beslis so lekker ligte blog oorweeg.

  6. err… ja ek weet… dit bly lekker om saam te speel however? :mrgreen:

  7. marco sê:

    Hi Vic
    Ploeter nou verder voort soos teen Skotte, dan moet julle maar sommer nou huistoe kom!!
    Ek hoop jy,Jake en die plumber het ‘n plan waarvan ons nie weet nie,anners kan ek maar my DSTV subskripsie cancel
    Sterkte ouens,maak ons trots SA!!!

  8. Boegie sê:

    Ek’s weer terug en met ‘n smile op my Bakkies die Maandag. So bly en trots om ‘n Springbok ondersteuner te wees. Ook bly ek hoef nie kaal te dans nie. Mos geweet die Bokke sal my nie drop nie. Habanna-na-na-na-na

  9. wimpie sê:

    hehehe
    baie goed geskryf dude!
    laat my dink aan dana snyman…op sy beste…amper!

  10. hehe

    dit bly vir my verbysterend dat julle almal saamspeel. sal ‘n fassinerende studie maak.

    anyway.

    fake matfield – net ‘n versoek. moet asseblief tog nie soos daardie verdomde spoegblok begin raak nie? waar jou posts se titels eers oorspronklik en witty was, neig dit nou na hierdie een se breinlose opnoem van onderwerpe. “More se game, bloggers, kompetisie en brandewyn”?

    A nee a. Dis die vrotste titel nog op hierdie blog. Dis plein lui. Ruk jouself reg, man. Moenie swig en ‘n carbon copy van die berugte spoegblok word nie. Bring terug die oorspronklikheid!

  11. Boegie sê:

    Johan Swarts, ek dare jou om dit op die Spoegblok te kom se.

  12. Eben sê:

    Soe Boegie ek het my reggemaak jy kom in Mozambique dans!! Finaal daardie 2de helfte ….

  13. platkuif sê:

    helloooo

    ‘n wen is ‘n wen,maar so gaan ons ni die world cup wen nie…anyhow,gelukkig geen pyne en skete opgedoen nie.

    johan,jy praat baie waar…ek het al op ssss gaan vrae vra en dit het ‘n klomp tannies vreeslik ontstel…pasop as jy da wil gaan speel…

    vic,skryf wat jy voel…hierrie is ‘n wenplan en hier ga ons nog lekker rugby en k@k praat di volgende paar weke…

    eben,jou idee klink witwarm…ons ka so bietjie daaraan skaaf…bosparra en dd kan ook so bietjie met di marketing help…

    boegie…skuld jy my nie ‘n oopmond soennie???

    leke aand
    p

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: