Niemand poep laventel nie…

Ek is nie ‘n man wat myself bemoei met politiek en sulke dinge nie…

Ek speel my rugby, ek lei my span en ek lig trofees bo my kop uit. Dis dinge waarmee ek goed is. Eintlik blêddie goed is, mind you! As kaptein het ek al twee van die Groot Vier die hemellug ingestoot: die Curriebeker en die Super 14-trofee. Nie sleg vir iemand wat op ‘n stadium vir Griekwas gespeel het nie! En hierdie jaar beplan ek om die William Web Ellis ook bo my kop uit te stoot. Sover vlot my planne.

Die blêddie Nataller het chroniese hêmstring-inflamasie (van al die boudsplinters), die kapteinskap is intussen aan my toevertrou, die Springbokgroep bestaan uit ‘n goeie mengsel van jeug en ervaring, en die span is goed voorberei. Alles dinge wat my planne in plek laat val.

Die laaste ding wat ek nou nodig het is onkundige inmenging. En ek bedoel dit nie lelik nie. Maar ek/ons het regtig nie nodig dat twee Kapenaars nou vir Coach en Smal Gert en Allister kom voorskryf oor wie moet saamgaan WB toe nie. Behalwe die feit dat hulle Kapenaars is (wat hulle in ‘n mate outomaties diskwalifiseer) is die oom en tannie wat nou voorskriftelik wil raak onder andere ‘n politikus (verdere gronde vir outomatiese diskwalifikasie!) en ‘n kerkman (hier’s ek half op dun ys…).

Niks teen julle twee nie, tannie Patricia en oom Njongonkulu, maar ek stel voor die skoenmaker moet hom/haar op hierdie kritieke stadium van my/ons beplanning by sy/haar lees hou. Ons sal konsentreer op die wen van Wêreldbekers, en julle konsentreer op dit waarop politici en kerkmense konsentreer. Deal? Deal! Die Bokgroep het reeds te min Bulle in, ons kan nie die bekerkultuur nog verder verdun nie. Niks teen jou nie, Breytie – ons twee bly gabbas!

Verdere nuus is dat ek uiteindelik ‘n slag by die huis is, en ek en Bakkies het vanaand die behoorlike ding gedoen en ‘n mooi groot Karoo-skaap en twee varkies gebraai, met wors en slaai vir die vrouens. Man, dis lekker om ‘n slag te ontspan. Ou Bakkies moes die braaiwerk doen, want ek het ‘n ligte gewrigsprobleempie na al die rugbyballe, posters, boobs en T-shirts wat ek moes teken na Saterdag se game. Ons Suid-Afrikaners is darem só passievol oor ons sport!  Bakkies sê reken as rugby van volgende jaar af nie meer aftrek kry nie, moet ons vleisbraai en -eet as sport verklaar – hy sal steeds die beste in sy posisie bly!

Ek sien in die koerante die blêddie Nataller loop en deel left, right en center waarskuwings uit oor hoe goed ons gaan wees in Frankryk. Stadig nou, ou dikkes! Die hele land het Sondagaand gesien hoe vervreet jy jouself aan die All Gold! Nou wil jy hier met ‘n ander man se kallers kom ploeg. Nou nie dat jou ge-banksittery ook nog vreeslik bydra tot jou fikse physique nie, né?!

Verdere nuus is dat ons almal ‘n paar dae af het, daarna begin die “Groot Vreet”, en dan saal ons die vliegtuig op vir die trippie om die Wêreldbeker te loop haal. Ou Bakkies se oë glinster sommer as jy begin praat oor die Groot Vreet! Vir die van julle wat nie weet nie: elke borg en sy maat, elke tannie wat sokkies was en en truie stryk, elke ryk oom en skatryk politikus, almal – wil mos vir ons koebaai sê en sterkte toewens. Wat seker ‘n goeie ding is, maar dit gaan gepaard met tafels wat kreun onder die fynste kos. En nie net sommer basaar pies en frikkadelle nie – o nee! Die beste wat jy kan kry!

Die Groot Vreet maak my bietjie bekommerd, maar uit ondervinding weet ek die average rugbyspeler se konstitusie kan nie al die grênd cuisine hanteer nie, so ek verwag ‘n redelike strontspul as daai vliegtuigie eers in die lug is. Gelukkig is ou Bakkies ‘n plumber, so hy sal enige verstoppings aanboord kan uitsorteer. As die outjies bietjie bleek lyk wanneer ons van die vliegtuig afklim daar in Frankryk – hulle is nie bang nie, hulle is moedeloos geskyt!

Nou ja – die volgende paar dae sal ek spandeer aan die opvang van agterstallige takies hier by die huis. Ek kan seker ook maar probeer voor kom met ‘n paar, synde ek so lank gaan weg wees…

Tot later dan – groete!

VICTORIOUS VIC

PS: Die bloggerol kom – WordPress was net gister bietjie olik…

PPS: 4Prometheus, wat betref jou voorspelling van die Skotland-game: ..!.. Hahaha!

PPPS: Wat beteken “erudiete”? Is dit soos Israeliete en Amalakiete?

PPPPS: JOHAN SWARTS!

Nog ‘n PS: Ek worstel nog met die borge, maar ek belowe hier sal pryse wees! Vertel solank julle maatjies. Hoe lyk dit Wimpie? Jy praat mos daagliks met die nasie – bewe daar ‘n borg uit! Ek moes nou eers vir Bakkies verduidelik die Oos-Rand en die Oos-Kaap is twee verskillende dorpe. Hy roep die mense van die Oos-Kaap “viskopvreters”. Sê dis hoekom die wind so baie waai daar – hulle generate dit self! Plumbers het nogal ‘n neus vir ‘n verdagte reukie…

Laaste PS: Sies, Platkop en Boegie het elkeen drie keer gestem! Die sewende stem ruik vir my na 4Prometheus se konkelwerk… Die blog bly!

Advertisements

8 Responses to Niemand poep laventel nie…

  1. Platkuif sê:

    ek bet vir myself gestem!

    natuurlik moet die blog bly…dit is huidiglik een van die rugby ‘chat rooms’ wat die meeste sin maak!
    p

  2. wimpie sê:

    kay dude hier is die deal ek het met ‘n paar van my besigheidspelle gechat en het vir ons die volgende bymekaar gemaak, 2 kleur televisiestelle en R1000-00 in kontant vir so ‘n kompetisie wat dan in samewerking tussen jou blog en myne gerun word, wat se jy daarvan, ons ouens hier aan die oos rand kan operate partner!
    as joost nou kan skryf op steve se blog sien ek geen rede hoekom ek en jy nie kan saamwerk nie….ek’s anyway mooier as steve en ek dink ek het meer buite egtelike kiddies ook as hy….\
    laat weet my, die pryse is in plek en ek is keen!
    \Groetnis

  3. bitterbek sê:

    Wat is dit met rugbyspelers en tamatiesous? Ek weet, want my seun doen dit ook – tamatiesous op als. Hy speel vir sy skool se eerste span. Maar nou wonner ek ook, na Sondag se Carte Blanche, waar slaap jou vrou met daai yslike voete in die bed?!

  4. Platkuif sê:

    wimpie se plan klink bak…ek sal op bosparra ook ‘n ad vir julle plaas…bosparra gooi ‘n getekende blou bul trui in…habana,spies,olivier,fourie du preez se signatures…platkuif kan organize ;-)…ons doen dit ordentlik of ons los dit….

  5. Basil sê:

    Voorspoed ou maat!!! Als van die beste. Hoop jy geniet jou tydtjie by die huis, ‘n man moet sy huiswerk ook op datum bring LOL!!!

  6. Clint sê:

    Ek wou net se dat jy moet somme die blerrie wereld beker terug bring! Voorspoed vir die wedstryde!
    Clinton
    PS – kan jy miskien http://www.iblog.co.za kyk? Dis ‘n Suid Afrikaanse site wat jy kan gebruik om te blog, en hulle is groot bokke manne (my maat het die site design gedoen!)

  7. Wanda sê:

    Ai, hierdie het na ‘n blog met soveel potensiaal gelyk… het die skepper daarvan se geesdrif dan nou verdamp? En waar’s al die sappige inside info wat ons aan die begin belowe is?
    Kom terug, Vals Victor – ons vergewe jou! Onvoorwaardelik!

  8. victormatfield sê:

    Wanda – gee kans tot ons in Frankryk kom! Hierdie is nog net opwarming!

    Wat die kompetisie betref: ek rumoer nog met ‘n paar groot borge, ek sal julle op hoogte hou. Ek wil lekker gatskop-pryse aanbied. Wimpie en Platkuif – moerse groot THANKS! Julle bydraes word waardeer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: