Les(s) Bleus…

Frankryk 12Argentinië 17 (Hahahahahahahahahaha!)

Mmmm… Hierdie toernooi gaan ‘n bummer raak!

Vir starters dink ek die bookies het gisteraand almal ernstig selfmoord oorweeg. Die volgende ou wat dit gerus kan oorweeg, is meneer Spreadbury. Daarna die aangewese Franse Minister van Sport, en sy dertig henne.

Ja nee kyk… Ou Chabal reken die Franse sal die Bokke eet as hulle teen ons speel, maar op gisteraand se vertoning sal die klomp moet onthou om nie sonder hulle valstande op te daag nie. Die Franse het soos ‘n ouetehuis vol papbekke gelyk, en die Argentyne was 5 duim dik overdone steak…

Ek dink nie enige tuisskare by die opening van ‘n Wêreldbeker het al ooit sy tuisspan die bird gegee soos wat die Franse oorgekom het nie, maar dan weer: geen tuisspan het al ooit sy openingswedstryd verloor nie. En kom ons face dit: die Franse was pateties. Te veel wyn, te veel salami. En Heymans in die laaste vesting… ‘n Wenverloorresep. Of is dit ‘n verloorwenresep?

En die ref was nog erger… Ek het lanklaas so patetiese ref gesien! Hierdie arme bleekbeen was totally out of his league! En dit het die grensregters ook verwar, want hulle het toe ook maar later die partytjie ge-join en gekyk hoeveel dinge hulle kan miskyk. Wat ‘n orgie. Hopelik sal die IRB nou wakker skrik en begin kyk na die standaard van skeidsregters. As hulle dit nie doen nie, sal hierdie toernooi ontaard in ‘n gekkespel, en dink net waarmee gaan Richie en sy maatjie Collins alles mee wegkom! Swar(t)igheid, ek sê jou…

Nou ja, Parrghee was gisteraand so stil soos ‘n bordeel na ‘n polisie raid, en vanoggend se koerante is propvol advertensies van kaartjies vir die finaal. Nogal teen ‘n afslagprys! Almal het skielik onthou dat hulle iets anders daardie dag aan die gang het. Sjym. Ons Suid-Afrikaners weet hoe dit voel. Ons het ook al ‘n Wêreldbeker gehad. Ons het die Protea krieketspan…

Moenie vergeet om deel te neem aan ons rugbyraai nie – daar is moewiese pryse op die spel!

Advertisements

3 Responses to Les(s) Bleus…

  1. Jaques le Manse sê:

    I have read your post – and think that Frence rugby team is best in WORLD …… we will play Springboks, and will be winner by many points !! Argintinia was good, and maybe that was wakeup call for us, and that makes us dangerouse team ….

    Viva la France !!!!!!!!!! WRC Champs 2007 !!!!!!

  2. Marius sê:

    Wie de hel is hierdie Jaques le Manse. Skrik wakker boet. In elk geval hoe lees jy Afrikaans? Ja so kry jy rugby kenners EN rugby liefhebbers. Hy is seker ‘n liefhebber. Dankie tog die bleddie Nataller is net na halftyd af, toe kon Kaptein Vic oorvat en die krane oopdraai. Viva Kaptein Vic!! Hoop Jake kies Bismarck op haker teen die Ingelse en maak ONS man cêppie.
    Habana jou doring!!

  3. victormatfield sê:

    Jaques: Ek hoor wat jy sê, maar jy moet een ding onthou: Afrika is leeuwêreld… Hier kak ‘n tier (of ‘n haan, of ‘n kiwi of ‘n roos of whatever)!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: