3 Things I know about rugby…

Daar is sekere dinge wat jy net nie doen op die rugbyveld nie…

Kyk, ek is nou al wat mens sal noem ‘n “ou hand” op die rugbyveld. “I’ve been around the block”, soos die bleekbene sê, en daar is drie dinge wat jy nie op die rugbyveld doen nie. Nommer een: jy soek nie skoor met Bakkies Botha nie. Dan is jou bollie geboek. Nommer twee: jy lag nie vir die All Blacks se haka nie, en jy draai nie jou rug daarop nie. Dit is amper erger as om vir Bakkies om te krap. Bakkies sê self hy’s soos ‘n verstopte drein: doodstil, totdat iemand die blokkasie verwyder, dan’s daar pêrre! Nommer drie: Jy draf nie op die veld en “point” jou opponent nie. Nooit nie. NOOIT! Dan soek jy nie bollie nie, jy tender vir kak. En jy gaan dit kry. So seker soos wat die ref ‘n fout gaan maak!

Ou Brian Lima het nou al in vyf Wêreldbeker-toernooie gespeel, so hy behoort te weet. Wat die arme ding besiel het om vir Petoors te “point” gaan my rugbyverstand te bowe. En daarvan het ek baie. Maar dit is seker maar omdat die ou weet hy is nie meer die verskrikking wat hy was toe hy destyds vir klein Hougaard des moers ge-tackle het nie. ‘n Mens moet onthou om jou reputasie in jou toksak te los voor jy opdraf – as jy dit op die veld bring gaan iemand jou liberty en daardie reputasie begrawe!

Ons vriend Lima het toe gisteraand weer droombeelde gesien van die Hougaard-episode, en vir Petoors probeer “lima”. Wat ‘n trein-smash! Die een oomblik sien ek die ou trek skouerhoogte deur die lug, oppad om Springbok te tref soos ‘n goedgemikte kanonskoot. Die volgende oomblik toe moet die Samoane vir hom verduidelik hy’s in Frankryk, en nee, daar’s net vyf vingers aan die hand wat hy sien, nie vyftien nie!

Laat dit nou maar vir jou ‘n les wees, Brian! Têkkel nou maar ‘n paar Rose poertesnêrdus, maar moet in hemelsnaam nie iemand point nie! Next time is die skade dalk permanent!

DIE NAWEEK SE WEDSTRYDE

Net so vinnig my indrukke van die wedstryde wat nou reeds plaasgevind het: Frankryk sal hulle sokkies moet optrek, anders maak hulle dalk nie die kwarteindstryde nie. Argentinië lyk goed, maar sal nie ‘n bedreiging wees vir die SANZAR lande nie. Kanada, die VSA en Namibië skitter soos sterre! Ai – ek sou nog ‘n opskudding soooo geniet het!

Engeland moet seker maak hulle kry genoeg “photo ops” met die trofee voor die eindstryd, want hulle gaan daai koppie nie gou weer sien nie! Die All Blacks en Wallabies het goed gelyk, maar glad nie onoorwinlik nie. En ons… Ons was goed genoeg. ‘n Hele paar foute daar op regtervleuel (nê JP…), maar ons sal werk maak daarvan. Tog jammer van ou Jean wat oppad is huistoe, maar gelukkig join ‘n Bloubul ons, so dit is nie heeltemal ‘n tragedie nie (inteendeel…!). Eerder Wayne as een of ander Nataller of Vrystater…

RUGBYRAAI-KOMPETISIE

Ek het so vinnig deur die scores gegaan (en gesien ekself het damn naby aan die wentelling gekom…), en op hierdie stadium van die wedstryd lyk dit vir my HEIN is die gelukkige wenner van die R500-00 kontant. Nee maar geluk, man! Die uitslae sal bevestig word deur die blogkomitee, Platkop en Wimpie, en dan sal ons in verbinding tree met jou. Nogmaals geluk!

Die nuwe rugbyraai is nou amptelik oop vir Vrydag se wedstryd teen die Bleekbene, so julle kan julle tellings begin pos! Onthou – die wenner wen R500-00 in kontant! Laat waai met daai inskrywings!

Groete

Vic

PS: BOKKEEEEEEEE!!!!!!

123 Responses to 3 Things I know about rugby…

  1. victormatfield sê:

    Bokke: 47 Bleekbene: 15

  2. Eben sê:

    Bokke 38 Bleekbene 19

  3. Ariana sê:

    Bokke 45 Bleekbene 17

  4. Shellie sê:

    Bokke 42 Bleekbene 21

  5. Annari sê:

    Bokke : 18 – Engeland 13

  6. Tina sê:

    BOKKE 25 – ENGELAND 10

  7. Tina sê:

    BOKKE 32 – ENGELAND 14

  8. WILHELM sê:

    SA 18 – Engeland 8

  9. Riaan sê:

    BOKKE – 27 ENGELSE – 18

  10. Paul sê:

    SA 35 – Ingelse 21

  11. Bertie sê:

    Bokke 36 – Engelse 24

  12. jaco sê:

    SA 32 Eng 12

  13. jaco sê:

    Suid Afrika 28 eng 10

  14. Dowwe Dolla sê:

    BOKKE 24- ENGLAND 13

  15. Robert Olivier sê:

    Bokke – 38

    Engeland – 23

  16. engel engelbrecht sê:

    Springbokke 42
    Ingelse bleekboude 18

  17. engel engelbrecht sê:

    springbokke 33
    blekes 18

  18. Tina sê:

    SA 36- Engeland 7

  19. marco sê:

    SA 26 – Eng 21

  20. Sproetjies sê:

    Bokke 40 – Bleekbene 12

  21. Marius sê:

    Bokke 32 – Ingelse 12. 4 Wilkenson strafskoppe as die wetter speel.

  22. Tina sê:

    Bokke 46 – Engeland 21

  23. Hannelie Ferreira sê:

    Bokke 42 Engeland 24

  24. Hein sê:

    Bokke 37 Kakies 17

  25. Hein sê:

    Bokke 24 Kakies 12

  26. Tina sê:

    Bokke 45 – Kakies 23

  27. Tina sê:

    Bokke 21 – Kakies 15

  28. Suidwester sê:

    bokke 45 engeland 22

  29. Hein sê:

    Bokke 27 Kakies 17

  30. Beesbiltong sê:

    Bokke 44 Souties 23

  31. Jaques le Manse sê:

    Afrique du Sud 59
    Anglais 07

    I am from Frenche, and have the girlfriend girlfriend that can understand Afrique, who tells me the page writing.

  32. Greenleader sê:

    RSA 52 – 12 Souties

  33. Jester777 sê:

    Springbokke – 82 Bleekbene – 10

  34. Jester777 sê:

    Sorry… so pas gesien Schalk is af vir 4 wedstryde. Nuwe telling: Springbokke 70 . Bleekbene 3

  35. Tina sê:

    Bokke 48 – Engeland 12

  36. jaap sê:

    Hanskakies 22
    Kakies 12

  37. jeven sê:

    Bokke 36
    Engeland 17

  38. Hein sê:

    Bokke 41 Kakies 15

  39. Marita sê:

    Bokke 34
    Engeland 20

  40. Tina sê:

    BOKKE 32 – ENGELAND 28

  41. ICE sê:

    Springbokke – 28

    Engelse – 12

  42. Tina sê:

    BOKKE 25 – ENGELAND 9

  43. SA 43 -Eng 19

    Goed so vir Lima – die wiel draai!

  44. Amanda sê:

    BOKKE – 65 – ENGELAND 21

  45. susan hugo sê:

    bokke 34 engeland 17

  46. jakie sê:

    Bokke – 18 Engeland 15

  47. Boegie sê:

    SA 21 – Engeland 18

  48. Eben sê:

    Bokke 63 – Engeland 18

  49. oopkop sê:

    Bokke 38 – Engeland 23

  50. Michelle sê:

    Bokke – 39, Engeland – 12

  51. Gustaf sê:

    Bokke 42 – Bleekbene 9

    Kom aan BOKKEEEEEE!

  52. Renier sê:

    Bokke 24 Kakies 19

  53. Edwin sê:

    Bokke 56 Ingelse 19

  54. Dellie sê:

    Bokke 36 Bleekbene 21

  55. Wanda sê:

    Bokke 52 – 13 Ingelse

  56. kaalvoetkind sê:

    Bokke 30 Engelse 12

  57. Tina sê:

    Bokke 49 – Engeland 25

  58. Wanda sê:

    Nie een van ons was reg nie… en nie een van ons gee seker om nie!! Tina se 36 – 7 was seker die naaste telling.

    Kom, skree almal saam met my: thirty-six… NUTH-THIIIIIING!!! 🙂

  59. hennie sê:

    bokke 58 – tonga 10

  60. Wilhelm sê:

    Bokke 58 – Tonga 10

  61. Wilhelm sê:

    Skuus hennie. (7 verdoelde driee en 3 strafskoppe)

  62. Tina sê:

    Bokke 65 – Tonga 12

  63. ICE sê:

    Bokke – 60

    Tonga – 15

  64. Tina sê:

    Bokke 45 – 7

  65. Tina sê:

    Bokke 58 – Tonga 3

  66. Tina sê:

    BOKKE 79 – TONGA 22

  67. Tina sê:

    Bokke 52 – Tonga 16

  68. Chantel sê:

    wanneer kan ons raai-raai vir Tonga Game?
    ek soek ook biergeld … (;

    Bokke 68
    Tongies 6

  69. Eben sê:

    Bokke 38 Tonga 12

  70. Eben sê:

    Bokke 43 tonga 18

  71. Marlien sê:

    Nee wat ek glo nie tonga sal so hot speel nie! Ek raai Bokke 52 Tonga 8! Ek dink Tonga is so biki beter as die bleekbene!! Viva la bokke!!!!

  72. Tina sê:

    Bokke 43 – Tonga 22

  73. Tina sê:

    Bokke 48 – 15

  74. Marius sê:

    Bokke 44 – Tonga 16

  75. Tina sê:

    Bokke 42 – Tonga 8

  76. Tina sê:

    Bokke 50 – Tonga 7

  77. Hein sê:

    Bokke 88 Tonga 8

  78. Hein sê:

    Bokke 66 Tonga 16

  79. Tina sê:

    Bokke 49 – Tonga 0

  80. Shellie sê:

    Tina hou op so baie raaie raai man gee ons ook kans! (lol)
    Bokke 51 – Tonga 18

  81. Hein sê:

    Bokke 39 Tonga 9

  82. Hein sê:

    Bokke 42 Tonga 12

  83. eugene sê:

    sa 45 tonga 12

  84. jaco sê:

    sa 36 tonga 8

  85. jaco sê:

    sa 32 tonga 12

  86. Boegie sê:

    Bokke 120 – Tonga 10

  87. Boegie sê:

    Bokke 92 – Tonga 3

  88. Bulletjie sê:

    BOKKE – 64
    TONGA – 5

  89. Bokke: 49
    Eilandbewoners: 21

  90. Pieter sê:

    Bokke 53 – Tonga 12

  91. Pieter sê:

    Bokke 54 – Tonga 3

  92. Pieter sê:

    Bokke 82 – Tonga 10

  93. engel engelbrecht sê:

    bokke 48 toga 10

  94. engel engelbrecht sê:

    bokke 48 tonga 10

  95. Greenleader sê:

    Bokke 79 – 13 Tonga

  96. Pieter sê:

    Bokke 56 – Tonga 10

  97. Pieter sê:

    Bokke 56 – Tonga 18

  98. Tina sê:

    Bokke 39 – Tonga 10

  99. Melanie sê:

    Bokke 34 – Tonga 15

  100. Hein sê:

    Bokke 41 Tonga 11

  101. Hein sê:

    Bokke 36 Tonga 19

  102. DeeJay sê:

    Suid-Afrika 42 Tonga 13

  103. Tina sê:

    Bokke 47 – Tonga 10

  104. Tina sê:

    Bokke 40 – Tonga 12

  105. Pieter sê:

    Bokke 46 – Tonga 7

  106. Pieter sê:

    Bokke 55 – Tonga 8

  107. ANEL sê:

    Bokke 27 – Tonga 17

  108. ANEL sê:

    Bokke 22 – Tonga 3

  109. ANEL sê:

    Bokke 27 – Tonga 21

  110. Skaap sê:

    Bokke 73-12 Tonga

  111. Skaap sê:

    Bokke 65-18 Tonga

  112. Skaap sê:

    Bokke 92-16 Tonga

  113. Bulletjie sê:

    Bokke – 45
    Tonga – 12

  114. Wanda sê:

    Gedog ek kom doen gou my pliggie en help vir Fake Vic kyk wie se telling reg is… maar lyk my ons het, nes die Bokke, bietjie vir Tonga onderskat. Niemand is eers naby nie. Weet nie hoeveel speling julle toelaat nie, maar die enigste een in die omgewing van 30 – 25 is seker Anel met 27 – 21. Ek kon natuurlik iets misgekyk het… is bietjie bewerig ná die amperse treinsmash teen Tonga!

  115. engel engelbrecht sê:

    Lyk my mens sal maar nouvandaan jou optimisme moet afskaal om by die swakker vertonings en tawwer spanne ,as teenstanders , aan te pas.
    Ons gatte het maar geknyp teen die einde van die stryd teen die Tongane soos Jake hulle noem.
    Sterkte voretoe.

  116. Steve sê:

    My Bloed is groen. Go Bokke! Ek is 100% agter die Bokke. My bekommernis is net dat daar so veel talent is wat die die politiek velore gaan word. Ons kan hulle nie terug hou as die kwota’s so volgehou word. Ek se laat dit natuurlik gebeer dan sal almal gelukig wees. Ek kan nie glo enige iemand sal wil speel net omdat hy die regte kleur of ras is. Daar is sou veel talent om van te kies.

  117. Belinda Geyser sê:

    Bokke 13
    Engelse 9

Lewer kommentaar op Tina Kanselleer antwoord