So hittete of ek het my ghwar gesien…

 

Fake Vic vra nederig omverskoning vir sy afwesigheid die laaste paar dae. Die geveg was bloedig, met tye amper mismoedig, maar die virus is oorwin…

Ja, jammer vir die doodse stilte, maar dis pragtig om te sien julle outjies en vroutjies het kop gehou en aangehou met die rugbyraai!

Coach was so bekommerd oor my, hy gaan staan en kies toe sommer vir KleinGys op heelagter! Praat van ingedagte! Dis nou nie asof ons reeds vir JP en Monty en KleinSwys het wat kan heelagter speel nie… Maar dit is onbedag en verkeerd van my om die wysneuse se besluite in twyfel te trek.

BobTong draf Saterdag voor, die blêddie Nataller is alweer op die bank en – berge bedek my! – ek ook! Ek dink tog ek is maar net daar omdat die Nataller niks behoorlik sonder my en Bakkies kan doen nie – vandaar Bakkies se teenwoordigheid in die beginspan. Duh! Jy kan nie twee slotte op die bank kies nie!

Ek is nogal opgewonde oor Wayne se insluiting op senter, met Wynand op sy buitekant. Bul-senters! Need I remind you dat ons vroeër vanjaar die Super 13 (+ Stormers) gewen het?! So vir al julle Natallers – sharrap! Ons man is beter as julle s’n!

Ek moet sê Tonga het my beïndruk met hulle (naelskraapse) oorwinning oor die Lima-clan. Kan jy nou meer! Hier rond giggel die mense vir coach se spankeuse vir Saterdag se wedstryd, en uit onkunde beweer hulle die Bok is in vir ‘n pakslae. Haha! Place your bets! Ons gaan daai outjies se sterte knoop! Het enige iemand opgelet wie en wat sit op die bank?! (Behalwe natuurlik ou Splinterboude…)

Tog jammer van die Samoane wat verloor het – dit gee die Bleekbene nou weer ‘n effense kans om die kwarteindstryde te haal, en ek het so uitgesien daarna om hulle te sien verkas terug na die Queen se Klip toe… Het julle geweet jy kan hier van Parys af ry tot op die Klip? As ek die “old farts” is, laat ek hulle terug hike omdat hulle so bollie is/was!

* * * * * * * * * * * * * *

Ek sien die BlommeBokke doen glad nie te sleg in die Twenty20-reeks daar in goeie SA nie! Mooi man! Ek is egter oortuig daarvan dat ons twee sportsoorte beter af sal wees wanneer ons eendag ontslae raak van afstammelinge van die Titanic-kaptein. Hy was mos ook ‘n Smith… Ek hoop maar net hierdie huidige S’e jump eerste ship, en nie laaste nie…

En weereens het die Bleekbene sleg op hulle dinges gekry! Nogal in krieket! Tog interessant hoe “die vaders van die game” in hulle eie sportsoorte op hulle neuse moet kyk! Maar met ons gaan dit party dae nie veel beter nie… Altwee kapteins is semi-beseer, heeltemal-useless, maar speel moet hulle speel. Ek vermoed die Smith-clan het groot connections met die Mafia of die regering of iemand – dit maak net sin…

* * * * * * * * * * * * * *

RUGBYRAAI: BOKKE vs TONGA

Hou aan tellings pos vir die rugbyraai! Kliek op die prentjie hieronder en laat waai met daai tellings. Die tellings wat reeds gepos is, sal ook hier verskyn. Groete tot volgende keer – die nurse reken ek moet myself nie ooreis nie…

Advertisements

5 Responses to So hittete of ek het my ghwar gesien…

  1. Helen sê:

    Bly om weer van jou te hoor! gedink jy geniet die Franse se “hospitality” te veel… Gelees van julle in Rooi Rose – Kry mens whispers en marsmellows in Frankryk of moes jy ‘n groot voorraad inpak?(ekstra vliegtuig of so..) dalk is die coach bang jou voorraad raak op voor die eindstryd en dis hoekom jy moet “rus”

  2. Marius sê:

    Bokke 44 – Tonga 16

  3. jeven sê:

    Nou waar moet ons nou raai, hier of onder die ander post, die link gaan nog soontoe… sal maar altwee try, sê nou net ek raai dalk reg….
    Bokke 36 – Tonga uhmmmm 0?
    of wag, dalk is hulle nie sulke poefters soos die bleekbene nie, maak dit

    Bokke 36- Tonga 16…

  4. Sproetjies sê:

    Sjoe het julle omtrent gemis.

    Bokke 48 Tonga 12

  5. Willeboer sê:

    En myne raaiskoot is Bokke 24, en die Tongane 16.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: