Ek ken tog iemand wat vir Bakkies regtig ken! Whê!
Ons het hierdie week al meer geskrum as wat Percy sy kuif reg druk in ‘n hele seisoen! Magtig! Dit voel asof ek en Bakkies by die heup gejoin is! Hy staan al glads op om saam te gaan as ek wil kamer verlaat…
Soos ‘n ou seker kan verwag, het die Bleekbene se pers al hierdie week die trofeekas daar op Twickenham oopgesluit en die laaste vier jaar se stof begin afvee om plek te maak vir die trofee wat oppad is. Sjym. Het jy nou al gedink hoe sal ‘n Ingelsman gedonner raak as hy daai bekertjie by Madiba probeer dêps! As julle dink ons het die Engelse gatte in die Boere-Oorlog geskop, moet julle hierdie fight kom kyk – dit gaan nie mooi wees nie! En die Engelse Kanaal kan byvoorbaat herdoop word na Bloedrivier!
Ek kry nogal die Argentyne jammer. Sjym, hulle ou kapteintjie se woorde het my bietjie sleg laat voel Sondagaand. “Our World Cup is over…” Kan nie lekker wees nie. Om met daardie gemoedstemming nog die Hane weer ‘n slag aan te pak, kan ook nie goed wees nie. En dit gaan ‘n omgekrapte troppie hoenders wees. Die Pumas het immers gesorg vir die begin van die einde van die gashere se drome. Anders as al die wêreldoorloë, dink ek nie die Fransmanne gaan hierdie keer weer op hulle dinges kry nie. Ek voorspel ‘n weghol-oorwinning!
Terug by Saterdag… Wie gaan dit wees? Enige voorspellings? Al wat ek weet, is dat Os en Madiba nogal iets in gemeen het – altwee gaan die Goue Beker TWEE keer in hulle lewens lig!
Laat waai met die rugbyraai! En bid. En hou julle duime was. En asseblief: moenie Saterdag te veel drink nie – ons is oppad huistoe, en sal ook nog ‘n bietjie sjampanje wil hê!
En BAIE dankie vir julle ondersteuning!
BOKKE 35 – POMMIES 21
Bokke 28 Rose 21
Ek het mos klaar gepraat Victor:
Bokke 28
Bleekbene 16
Nou weg is jy, maak dit werk!! hehehe
Sterkte Bokmanne – by die worsie-stalletjie Saterdag sal ons bloed gras groen wees en ons speel net Rugby Songs!!
Bokke 35 Engeland 17
BOKKE 38 – ENGELAND 27
Gits, so smous ek mos nou al jare lank met die groen lappiegoed en soos wat my foon lui vir truie is dit ‘n aardigheid. Ek het net 6 oor en dit is vir GROOT ooms. Dit is vir my natuurlik aardig dat almal gewag het dat ons verseker in die finaal is voor hulle begin koop. My eie trui sê nog Castle – goeie dae gewees daardie. Toe was daar nog baie bier in die land; al het ons toe meer ons rugby sorge versuip as seges gevier. Ek hoop daar is genoeg vir Saterdag.
As Madiba daar is – 36 – 12 SA. As Madiba net op ‘n DVD ‘n draai maak 24 – 12 SA.
My hart se:
Bokke 72
Kakies: 3
My verstand se:
Bokke 72
Kakies 9
BOKKE 30 – KAKIES 9
BOKKE 21 – KAKIES 10
BOKKE 32 – KAKIES 6
Wie is die wenner van die vorige raai? bokke vs Puma’s?
Bokke 42 Bleekbene 18
Bokke 35 Bleekbene 24
O jaaaaaaaaa wat het geword van die ander pryse … rugby Truie ens?
Sa 22 eng 12
Sa 31 Eng 15
SA19 – ENG 12
SA 15 – ENG 12
SA 18 – ENG 10
SA 29-ENG 13
Bokke 29 – 12 Khakis
Hi Victor, het geweet jy sal weet wie ek is. Jy sal nie hier lees voor more nie. Onthou jul gaan nie as 15 man op die veld nie, maar as EEN span! Sterkte en ons bid vir julle en weet jul gaan ons trots maak. Ons harte is daar.
Bokke 25
Rooinekke 11
Manne doen die ding, en die lughawe gaan te klein wees om die hele Suid-Afrika te hanteer.
Ons sal klein bietjie sjampanje vir julle oorlos.
Ek probeer maar nog ene:
Bokke 36
Blekes 18
BOKKE BO!!! 😆
Sterkte manne – maak ons (nog meer) trots! Ek kry hoendervleis as ek almal in hul bok truie sien. Groot na klein – die dagmoeder se tema die week was Springbokke!!! Elke kleintjie het sy/haar eie vlag gemaak vir die game more! Hulle ken die woorde van “Hier kom die bokke” beter as Siembamba! Vandag neem hul foto’s van almal in hul groen& goud!
Bokke 27
Rooinekke 14
Springbokke 22
Rooinekke 18
Man van die wedstryd, man van die jaar, man van die eeu: Sir Bryan Habana
BOKKE 21 – POMMIES 18
BOKKE 34 – POMMIES 28
BOKKE 18 – KAKIES 15
BOKKE 40 – KAKIES 21
Die tellings wat ons by die vorige inskrywing begin plaas het ga hulle ook tel want ek sien hier is al ‘n paar tellings wat meer as een mal in is
Bokke: 28
Kakies (ek hou daarvan) 16
Ek het dit gedroom!! Stuur solank die geld dan kan ek dop koop vir die naweek.
Bokke 34
Kakies 12
Go Bokke!
Die Bokke: 36
Haar Majesteit se bleekbeen-paloekas: 14
Habana gaan minstens 2 keer die doellyn se puntekant besoek (suksesvol)
Kleinschalk sal net 2 waarskuwings kry
Bakkies gaan 2 bleekbene laat bloei
Grootvic gaan die bleekbene se lynstane oorneem dat dit lyk of hy vir hulle speel
En ek gaan so beskonke raak soos lanklaas in my lewe!
Kaptein Sardyn en kie: Julle het die land vierkantig en square agter julle, bring huis toe daai goue koppie!
Bokke 55
Pommies 35
Soe(!!!!!!!) maar dis lekkerrrrrrrr as ons so opgewonde is. dit hoort so, dis onse mense !!
Engel … daardie lughawe is toetaaaallll te klein. Geen wonder die donner staak daar nie, want hulle weet hulle gaan ons nie kan hanteer as die manne terug keer.
Willeboer .. lekker gestel !! en Bullsmeisie …. ja kan reg wees … moenie dat hulle jou uitlag nie.
Bokke 44
Kakies 23
bokke 49 – kakies 21
BOKKE 26 – POMMIES 18
BOKKIE 32 – ENGELSE 10
Net vir oulaas:
Bokke 39
Blekes 13
Ek het my bok hempie aan, my hoedjie op my kop, en ‘n vlag op die balkon. En ek speel “Ons vir jou Suid Afrika” so hard as wat ek kan! ♪ Habananana♪ 😆
Ek is so opgewonde dat ek my lag nie kan hou nie hehehheheh!
Asseblief, bring daai koppie, anders is die hele SA volgende week in ‘n depro wat vir niks gaan skrik nie. Niemand sal iets met ons kan uitrig nie. Dit kan dalk erger wees as die All Black’s s’n! Ek sal alle memories van die game onmiddelik probeer (weg)verdrink. Ek dink nie julle wil my lewer op julle gewete hê vir ‘n loss nie! Met ‘n wen sal ek natuurlik met plesier self die rap vat!
GO BOKKE!! DOEN JULLE DING!! 😆
SA 37 – ENG 12
Baie geluk ons is baie trots op julle.
Wil julle net onthou om te kyk ons het tellings by die vorige inskrywing ook gema. Geniet julle oorwinning:-)
BAIE BAIE mooi!!! Mooi gespeel!!! Hierdie Engelse is nou bietjie suur!! Yikes!! julle laat ‘n mens se hart warm klop!!
Baie geluk Ons is baie trots op julle.
Linda
Is die blog nou klaar?
Dis net jy Da Mario – maatjie, hulle gaan weer speel – ek belowe (al is hulle blompies).
Wel gedaan manne – ons is trots!!!!!!!!!
(Ek het nie geweet n Springbok trui kan in 30 minute droog word nie – Jaco het syne vandag vir die 5de dag in n ry aan – hehehe).
R
Gaan ons nou niks meer kry nie. Hoekom sê jy nie wat het die ouens na die game gedoen of hoe het almal daarna gevoel nie. Lig ons bietjie in van wat alles van na die game tot nou toe gebeur het.
Stem saam ons sal graag alles agter die skerms wil hoor die dag is nou leeg sonder die blog
BOKKE BO!!
wat gebeur nou op die blog hoop nie dit sterf ‘n stil dood nie die dag is nogal leeg sonder iets anders om te lees
Baie geluk!
Kom blog weer ‘n bietjie toe. Hier is ‘n totale leesverslaafde wat op die einde van die WB hierop afgekom het en alles al deur gelees het.
Raad vir die blêddie nataller se “ek-is-die-kaptein-flik-flakke” – Glad Wrap op die toiletsitplek. Ek sal glad nie verbaas wees as hy vir ‘n halwe toer stil stuipe kry nie.
Geniet dit oorsee. Ek is seker almal wat enigsins rugby kyk in SA staan agter die van julle wat besluit het om te gaan. Ons raak net baie moedeloos met SARFU en weet glad nie hoe hou die span dit nie.
As strooi praat kolletjies was, was hulle tarentale, en as dit strepies was, was hulle sersante…
Haai
Nog iemand hier?????
Somehow i missed the point. Probably lost in translation 🙂 Anyway … nice blog to visit.
cheers, Gunner
.
just meandered in….
Looking for something else, but neat website. All the best….