Midnight Meetings

Daar sit ek en Bakkies en BobTong toe, êrens tussen 01h00 en 03h00 vanoggend, elkeen met ‘n tub Italiaanse roomys wat Bakkies ons uit die kombuis uit procure het.  Ons drie is mos nou amptelik die komitee wat moet besluit watter juicy bits dit tot op die blog sal maak, en watter onder die kleed van omerta verdoesel sal word.

Nou kyk, ek wil nie dinge vir die publiek wegsteek nie, maar ek wil uit die staanspoor hê julle moet verstaan ons is nie ‘n klomp daggarokers en dronkgatte soos die Proteas nie.  Daai ouens kan nie hulle dop vat nie.  En on top of it all rook hulle bykans almal meerkat-twak.

Nie ons nie.  Nou nie dat ons ‘n klomp nerds is nie!  O NEE!  Ons kan vat!  Maar ons vat verantwoordelik.  Na die game.  Nie soos die Proteas voor en gedurende die game nie.  Ons kuier by die onthaal, en nie by die ontvangs nie.

Daarmee sê ek nie ons het nie ‘n paar stoutgatte tussen ons nie.  Dink maar net aan TinkerBell.  En die youngsters soos Sweis en KleinGys en Bismarck.  Selfs ou gesoute manne soos Percy en Gabba.  Stoutgatte!  Charmers!  Jagters!  Watter man wat al ooit op ‘n rugbytoer was het nog nie ‘n bietjie uitgebreek en drooggemaak nie?!  Ons probeer net altyd darem verantwoordelik wees!

BobTong het toe onderneem om weer met die ouens te praat en vir hulle te vertel dat hierdie amper soos boek met rugbystaaltjies gaan wees, met die enigste verskil dat die boek geskryf word soos die staaltjies hulself afspeel, en nie jare daarna nie.  En sou ons moeilikheid kry, ontken ons die staaltjie as ‘n fabrikasie, trek laer en staan rug teen rug.  So maklik soos dit.  Behalwe natuurlik as ons die blêddie Nataller kan brand!

Bakkies het voorgestel ek plaas gereeld ‘n foto van die blêddie Nataller op die blog.  My bek het oopgehang!  “Waarvoor nogal?!”  “Nee,” reken hy, “net om die vlieë weg te hou!”  Nou Bakkies sal weet, hy’s ‘n plumber, so ek trust hom!

johnsmit.jpg

13 Responses to Midnight Meetings

  1. Boegie sê:

    Ek het vir Steve vertel van die blog. Hoop hy gaan ook hier kommentaar lewer. Sterkte met more se wedstryd. Laat die rekords rol en pas vir Habanna op. Hy mag nie beseer word nie, asb.

  2. Shellie sê:

    Hallo Vic en Bakkies!

    Baie welkom hier in blog wereld en dankie vir die daaglikse inskrywings. Sal gereeld kom kyk wat gebeur daar by julle!

    Groete vir almal en sterkte vir more se game.

  3. Platkuif sê:

    ongelooflik om te dink dat daar actually mense is wat glo dit is Matfield se blog.Ai tog.Nie seker of dit sad of snaaks is nie. Al die ‘posts’ etc vind plaas op tye wanneer die manne oefen en ‘n sportman soos Victor sal hom nie so blootstel aan laster en potentiele crimen injuria eise en dies meer nie.’n Mens kan mos nie so met ‘n ander ou se Tottie en naam rondspeel nie.

    In elk geval, ten minste is die ‘effort’ ietsie anders en hoop ek van harte Victor dink ook dit is inderdaad funny…

  4. platterfuss sê:

    Hey, julle manne beter ons ALS hier vertel… anners is die duiwel los! Hehe!

    Het hoeka hierdie naweek jou rugbytrui uit die kas gekrap Victor… ene wat Francois Davids en Breyten nog ‘gereel’ het op Loftus!! Jy kon daar en dan ‘uittrek’… ekke kon dit nie waag nie! Public indecency! 🙂

    Sterkte vir julle… SA staan big time agter julle!

    🙂

  5. Da Mario sê:

    Platkuif, ons het al hierdie discussion gehad…. punt is, die blog is goed geskryf, dis moer funny en gaan defnitief baie gewild word.
    Laat ek dit weer skryf.
    Die blog gaan BAIE gewild word, of Victor nou die authentic author is of nie. Mark these words.

    These one’s. 😈

    Lekker skryf dude!!

  6. Platkuif sê:

    en al die foto’s wat ‘geneem’is en op die blog gepost is ,soos byvoorbeeld die ‘Galway’ effort onder die ‘Ierland’ posting kom van die internet af…

    http://en.wikipedia.org/wiki/Galway

    dankie,maar nee dankie.Hou verby.

  7. Boegie sê:

    Victor, dit blyk of hierdie nie jou blog is nie! Ek wil weet wat die Bokke doen en nie een of ander siek fok nie.

  8. oopkop sê:

    Ek stem saam met jou Da Mario. Of dit nou hy is of nie, die blog gaan werk.

    Platterfuss – ek sien jy’t oor die naweek eweskielik skaam geraak – public indecency nogal. 😉

    Nice blog Victor!

  9. platterfuss sê:

    oopkop… daai tyd het ek ‘presidensiele suite’ rugby gekyk!!! Ek was ‘ordentlik’ vir ‘n middag!!! Met TV-kameras en dinge moes ek ordentlik wees! Is hoeka die dag toe ons vir Breyten ingesmokkel het op Loftus, hy was beseer, en… ons moes hom ‘inhelp’ in stadium! HEHE!

    Ekke kan ook ordentlik wees…. hehe! 😛

  10. oopkop sê:

    You never seize to amaze me ou Platstetjie. 😉

  11. Shellie sê:

    Ek worry ook nie of hierdie blog a joke is nie – kan net lekker raak hier – kom ons kyk ma hoe lank “Victor” aanhou! lol

  12. JOHN SMIT sê:

    Cool blog guys, keep it up, your making me and the guys laugh

Lewer kommentaar op platterfuss Kanselleer antwoord