Gatskop en Opskop

Die enigste verskil tussen Suid-Afrikaanse brandewyn en Franse brandewyn, is dat die babbelaskopseer duurder was om te verwerf!

NOU WAT Sê JULLE NOU???!!!

Het ons gat geskop, of het ons gat geskop?!  Ek sal julle sê:  ons het die sogenaamde champs se gatte vol ou Springbokskoene geskop!  En ek sal verstaan as daar vandag ‘n kollektiewe babbelaswaas oor die hele Suid-Afrika hang!

Ek het met ‘n doel nie geblog voor gisteraand se wedstryd nie.  Die fokus in ons kamp was net te intens, en niks en niemand mag daarmee interfere het nie.  Maar nou het julle gesien hoekom – ons het die Kakies goed gas gegee!

Soos ek hier sit (êrens tussen “nog onder die prop” en ‘n kopseer wat ek nie aan rugby kan toeskryf nie) weergalm Olé Olé nog deur die hotelgange.  In die strate, in die kroeë, oral…  Olé Olé!  Dis asof gisteraand die final was!

Iemand het hier opgemerk gisteraand se telling is die All Gold-telling.  Skerp, Jo-Ann!  36! Groen tamatiesous!  Om NUL te kry in ‘n rugbywedstryd is soos om uit te pass op jou huweliksnag – jy was daar maar jy het nie saamgespeel nie!   Dis selfs slegter as ‘n mes by ‘n gun fight!

Die enigste ou in die Springbokgroep wat nie heeltemal indulge het in gisteraand se feesvieringe nie, is ou KleinSchalk.  Sjym…  Hy is nou nog naar oor sy skorsing.  En nee – nie omdat hy vir twee wedstryde geskors is nie – omdat dit nie meer vier is nie!  Die ou het na die eerste skorsing gegaan en vir hom een van hierdie Franse poegies gekoop om die Franse wynlande mee plat te ry en al die wynplase te besoek.  Nou gaan hy net by die helfte van sy toerplan uitkom…  Bakkies reken hy moes dalk maar ‘n poegie gehuur het, want die mark vir tweedehandse poegies is glo nie te waffers nie.  Dit het KleinSchalk net verder depro gemaak…

Ek het ‘n voëltjie hoor fluit die Lima-clan gaan die Bleekbene probeer ore aansit.  Hulle reken hulle kan die Poms se gatte skop en sodoende ‘n plekkie in die kwarteindstryde bespreek.  Dit sal nou vir jou ‘n ding wees.  Dalk moet Lima sy Petoors-duikslag op Sir JW probeer.  So fragile soos wat die Sir deesdae is, behoort ou Brian sonder enige skade daarvan af te kom.  Ek sal net voorstel hulle hou ‘n goeie neuro-chirurg op standby, in case hy die Sir se kop van sy lyf vervreem…  Bakkies sê hy sal assisteer, want hy weet wat om te doen as k*k spat.  Plumbers is sulke vuilbekke!

Coach het êrens laasnag gesê hy oorweeg om al ons spelers te rus vir die volgende wedstryd, en die support staff ‘n kans te gee om hulle Springbokbaadjies te verdien.  Zola sal glo op skrumskakel uitdraf, Ozzie-Eddie sal op stut sak, ensovoorts.  Hy sê ons is nou so ver voor in ons groep, dit lyk asof ons agter is.  Die span sal blykbaar more aangekondig word – dis een van die IRB se reëls dat die afrigter nugter moet wees wanneer hy sy span aankondig.  Ons hoop om teen daardie tyd iemand te hê wat aan die nugter-vereiste sal voldoen…

Baie geluk aan TINA!  Sy is die wenner van R500-00 kontant!  En dankie vir Wanda wat dit uitge-figure het – ek sou so bietjie sukkel, want dit het vir my gelyk Tina het ‘n telling van 333666 — 777 voorspel.  Ouch…  Dalk herstel my sig nog later vandag…  Dan kan ek my Proheps begin soek…

12 Responses to Gatskop en Opskop

  1. Marius sê:

    welgedaan BOKKE!! So van Burger gepraat, was Wickus nie dalk beter? Hy staan minder strafskoppe af, doen die donkiewerk en trek minder aandag as ou Schalk. EN hy is ‘n BUL… Ja het sommer lekker gekry na die wen, hou net so voort en hoop julle kry kans om die windgat Aussies en die magtige All Blacks ook so op te foeter in die kompetisie. Dit sal darem ‘n ding wees. Aan die einde van die dag was die Ingelse darem gelukkig om NUL te kry of hoe?

  2. Shame Marius, gun hulle ten minste dit…. gee die bleekbene dit toe; hulle speel netjieser rugby as daardie storm en drang kapokhaantjies van Samoa. Ek het definitief gisteraand se wedstryd meer geniet as die SA – SAM wedstryd.

  3. Greenleader sê:

    Ek wil knap gedaan se aan 2 spanne vanaand…

    Bokke,die scrums was bit shaky,maar moet toe gee,die rooinekke het ‘n klomp vetties.O en natuurlik briljante game deur Fourie du Preez. Goed gedoen boys. Veral toe die Ingels begin bang raak het, dat hulle weer vir Victor die bal gaan gooi in die lynstane.

    Dan die Bulle,wat alweer met WP op Loftus afgereken het.Goed gedoen.Maar regtig,daar’s ‘n puik speler in die span,maar speel uit posisie uit en is die opponent te se beste speler by ons eie lynstane.Kom nou boys,ons is suppose om nogsteeds die beste lynstane stats moet he.Die big guns het die jongeres mos mooi geleer.

    Ek’s ‘n tevrede Bok-&- Bul ondersteuner na die naweek.

  4. Tina sê:

    Dit was ‘n baie goeie naweek vir Suid-Afrikaanse spanne. Die Bokke het dit begin met die goeie oorwinning oor die kakies. Die proteas het voortgebou op dit en Saterdag en Sondag ook te wen en dan het die Blou Bulle ook gewen. Victor ons is trots op julle , julle het ons Vrydag baie trots gemaak. Bou so voort en sterkte vir die res van die toernooi ons weet julle ga die beker terugbring.

  5. Eben sê:

    Net een baie beskeie vraag. Was dit nie Jake White wat genoem het hy speel nie speellers uit posisie? Nou wat soek Pienaar op heelagter? En hoekom is Julies gestuur en nie Murray (van die Sharks) hy was deel van die groep asook gespeel teen SWA?

    Dis hierdie dinge wat mens nie kan klein kry.

  6. Cathy sê:

    Hi Victor en Bakkies
    Wil net se baie geluk aan die span met hulle wen! Julle ou’s moet fokus op die volgende een en die Tsongalinge laat les opse!! Ons hier in SA is BAIE trots op julle.

    Ek is mal oor rugby en ‘n toegewyde blou bul. Maak ook my kinders so groot *grin*.

    Ook trots op julle bulle. Mis julle in die curriebeker maar die ander ouens doen darem ok daar!

  7. Willeboer sê:

    Boys, die Bokke skop gat. Let’s face it, die team is gefokus, en kan beslis die jaar die ding doen. Net kophou soos ‘n dronk weeluis op die rand van ‘n vol pispot, en Bob’s yer unc. En nie te volkop raak oor wenne nie. ‘n Wen is maar net die pad na die final, onthou! In any event, ek hou duime, en ekglo die Groen en Goud sal die jaar weer daai gesogde goue bierbekertjie hier na ons Suiderland bring.

    Bokke bo!
    Bulle net so kortkop agter hulle!

  8. engel engelbrecht sê:

    Wil Shalkie nie maar sy pa vra of hy weer sy boskasie kan afskeer nie, dan sien die skeidsregter hom nie so maklik raak nie.
    Province Heelbo.!!!!

  9. ICE sê:

    Vic,

    Ek neem aan julle het al die Engelse se nuwe rugby truie gesien?

    http://www.safrica.iblog.co.za/?p=88530

  10. Eben sê:

    Wanneer kan ons weer rugby raai ….

  11. ICE sê:

    Eben ek sien ons kan dit by “3 Things I know about rugby” doen ….

Lewer kommentaar op Cathy Kanselleer antwoord